Gebruik stembus teen korrupsie, sê Ramaphosa  

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag op Vryheidsdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul stem in die komende munisipale verkiesing te gebruik om hul onverdraagsaamheid te wys met betrekking tot korrupsie, diefstal en die wanbestuur van openbare fondse.

“Die verkiesing is ʼn geleentheid om jou stem te laat hoor en deel te wees van die verandering wat jy wil sien,” het Ramaphosa tydens die amptelike Vryheidsdagviering in Botshabelo in die Vrystaat gesê.

Die munisipale verkiesing vind op 27 Oktober plaas en volgens Ramaphosa het Suid-Afrikaners nou die geleentheid om te besluit watter party en sy kandidate die vermoë en die vasberadenheid het om onvermoeid vir kiesers te werk.

Volgens Ramaphosa is die reg tot protes een van die wonderlike fasette van die land se demokrasie. “Gewelddadige betogings, brandstigting, plundering en die vernietiging van eiendom ondermyn egter die einste saak wat ons wil bevorder.

“Die uitoefening van ons stemreg is verreweg die kragtigste vorm van protes. As diegene wat beweer dat hulle jou dien, dit nie doen nie, stem hulle uit. Laat ons alleen deur een lojaliteit gelei word, en dit is lojaliteit aan hierdie land.”

Nalatenskap van apartheid

Volgens Ramaphosa bly die nalatenskap van apartheid ʼn bepalende kenmerk van Suid-Afrika.

“Na byna drie dekades gaan dit op baie maniere voort om te bepaal waar mense sal woon, watter bates hulle besit, watter skoolopleiding hulle ontvang, watter werk hulle kan doen en hoe veilig hulle voel.”

Vryheidsdag kan nie gevier word sonder om te erken hoeveel daar nog gedoen moet word nie, het Ramaphosa gesê, maar bygevoeg dat daar reeds groot vordering gemaak is met die verwesenliking van die regte van mense op ʼn beter lewe en die bevordering van menswaardigheid.

“Maar tog weet ons dat die belofte van 1994 in baie dele van Suid-Afrika nog nie nagekom is nie, ondanks die feit dat ons al die afgelope 27 jaar in ʼn demokratiese land woon.”

Miljoene Suid-Afrikaners leef steeds in toestande van armoede en sonder toegang tot basiese dienste. “Vir diegene wat steeds ly weens ʼn gebrek aan basiese dienste soos lopende water; vir diegene wat elke dag in vrees leef weens geweld en misdaad; en vir diegene wat geen werk het om hulself en hul gesinne te onderhou nie, bly ware vryheid ontwykend.”

Ramaphosa het gesê dit kan nie die geval wees dat mense 27 jaar later onteem word van die mees basiese dienste soos water en sanitasie weens swak beplanning, onbevoegdheid, wanbestuur of korrupsie nie.

“Dit kan nie wees dat toegang tot behuising, onderwys en behoorlike gesondheidsorg ondermyn word omdat diegene wat dienste moet lewer nie genoeg omgee nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Aai ·

Wel dan hou die korruptes uit die munisipale verkiesing wat saketeen hulle het dit sal klaar help.

Harry ·

Ek verstaan hierdie berig nie eintlik nie. Stemme teen korrupsie word deur hierdie leserstal die afgelope 15 jr gemaak. Niemand het hulle daaraan gesteur nie. Nou wil CR ‘n beroep daarvoor doen?? Stemme beteken nie veel vir magsbehepte, geldlustige politici nie.

Tersia ·

Dus, wat se hy? Moet asseblief tog net nie vir die ANC stem nie!!

Ovelia ·

In Parys is die lokaal waar ons moet registreer toe. Daar is nt n papier op geplak wat se hul is besig mt onderhoud. Hoe gerieflik wil hul dt nog he?

Willem ·

Hulle doen dit Cyril en stem dan weer al die korruptes terug

Eugene ·

Ek het al baie twak uit ramaphosa se mond gehoor maar hierdie vat die koek. Die toestand is alles as gevolg van wanbestuur deur die anc. Niks met apartheid te doen nie. Hy vra nou in werklikheid dat die mense nie anc moet stem nie

Eltan ·

Korrek indirek sê hy om nie vir die anc te stem nie…maar our people is nie intelegent om tussen die lyne te lees nie. So dalk moet hy maar net reguit sê: laat die wittes maar weer regeer…ten minste sal die land dan vooruit kan gaan..want regeer..kan julle verseker nie…na 27 jaar en daar is nog NIKS vooruitgegaan nie ..net agteruit..

Aai ·

Al verloor die ANC hulle sal liewers sukkel voor die wit man weer iets kan se.

Pieter ·

Dit vat net n kos pakkie dan stem iuer people weer vir julle ANC sirkus

Aai ·

Hulle sit net toilete op by die ingang van ‘n dorp dan is hulle happy.

Dup ·

Sy stelling maak my deurmekaar……vir wie gaan sy “people” dan stem?

Jessey ·

So op die einde vd dag moet die landsburgers sy werk vir hom doen? Maak nie sin nie. Dis die regering se plig om korrupsie uit te roei, net soos dit my plig as werkgewer is om seker te maak dat my kliente goeie diens ontvang van my personeel en dat daar nie korrupsie plaasvind nie. Ons is mos die regering se kliente, al dan nie? Ons betaal dan vir dienste?

Baie maklik om teen korrupsie wetgewing in te bring vir groot maatskappye, maar die regering val nie daaronder nie, en as dit gebeur trek almal skouers op en se, oeps ek het nie gesien dat ons R 500 000 000.00 te veel uitbetaal het aan daai maatjie nie!

OW ·

Die nalatenskap van apartheid sal altyd deel vorm van sulke toesprake vir die eenvoudige rede om die kiesers te herinner vir wie om te stem.Moenie apartheid vergeet nie,stem vir ons,want dit is deel van die dna van SA.Mnr die president,hierdie praatjies trek geen water meer nie.Julle het toegang tot die rykdom van hierdie land.Gebruik dit en voorsien waar nie voorsien is nie.

Regverdigheid ·

Ag asseblief daar sal nooit ooit iets reg gedoen word.. korupsie is al wat in die land gebeur.

Rooikoos ·

Daar’s hy, Apartheid en van Riebeek, julle is weer die oorsaak van alles wat misluk in hierdie land. Dit is nie die onbevoegdheid, korrupsie, onvermoe of rassisme van die ANC se skuld nie.

JM ·

Tel blatante gelieg en kaderontplooiing nie ook as korrupsie nie? CR is goed daarmee.

Agge nee ·

En dan sal niemand vir die ANC kan stem nie. Wat? Maak die man ‘n flou grappie?

TO ·

Mnr weet jy wat jy sê, ooglopend nie, want dan gaan daar so te sê gee ANC kader in die parlement oorbly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.