Gebruikers gewaarsku: Elektrisiteit word duurder

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het gebruikers Saterdag gewaarsku dat ʼn prysverhoging binnekort in werking sal tree.

“Eskom bevestig dat die prysverhoging op 1 April 2015 in werking sal tree,” het die maatskappy gesê. “Die prysverhoging vir Eskom se direkte gebruikers beloop 12.69% en vir munisipaliteite 14.25% vanaf 1 Julie 2015, soos goedgekeur deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) tydens November 2014.”

Eskom sukkel die afgelope paar maande om die ligte te laat bly brand weens ʼn steenkoolsilo wat ineengestort het, en ʼn tekort aan dieselvoorraad en instandhoudingsprobleme.

Die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het Eskom se langtermynkredietgradering van BBB- na BB+ afgegradeer nadat vier van die kragverskaffer se senior bestuurslede geskors is.

Die Nasionale Tesourie het onderneem om R20 miljard aan Eskom te skenk om die maatskappy met sy finansiële verknorsing te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Deon ·

Wat maak eskom met al die geld wat hulle kry. Elke jaar verhoog hulle tariewe en word vol gepomp deur die staat en gaan elke maand agter uit??? Kan iemand my ‘n antwoord gee.

Nestus Venter ·

Die bodemlose vergrype is naby aan die onderkant :-)

Dave ·

Het jy nog nie opgelet watter bonusse hulle hulself toeken vir uitstekende produksie? Dit is egter belangrik om te onthou dat geen DA-lid hieroor mag kla want dit is bankrotskap van die land se kragvoorsiener wat veroorsaak is deur die DA en ANC se samewerking met dit wat hulle ‘regstellenda aksie’ noem. As jy saam met Helen Suzman gestem het daarvoor, bly stil en betaal want jy kry waarvoor jy stem.

John ·

Die verbruiker moet duurder vir elektriseteit betaal want daar is nog ñ hele paar “fat cats” wat vet bonusse moet kry. Die fabelagtige feëverhaal dat Eskom duurder betaal vir opwekking is nou al so holrug gery soos Zumpie se skuld. Ware feite is dat daar op voetsoolvlak nie geld gegee word vir noodsaaklike onderhoud nie. Die geld wat daar is, is vir “fat cat” bonusse. Hierdie bose kringloop gaan hom herhaal tot die laaste druppel melk uit die koei gemelk is.

Fanie ·

Met Nersa ( die sogenaamde reguleerder ) as Eskom se skoothondjie sal die vehogings wat gevra word gekry word . Hulle (Nersa) het nie n saak met die gebruiker nie .

Danie Snyman ·

Ons moet ons los maak van ESKOM. Laat HULLE die krag MAAK, GEBRUIK en BETAAL. Hulle moet die krag sommer met 50% per jaar laat styg. Binne die volgende 5 jaar gebruik en betaal net hulle dit. Die sonkragpanele is nie meer so duur nie en kan maklik module gewys jaar na jaar groter gemaak word soos wat dit jou dak pas. Jaar na jaar word jy minder afhanklik van ESKOM. Dan doen hulle ons nie meer in nie maar hulle doen hulle self in met wat hulle ookal doen. Dan sit ons op die kantlyn ek kyk hoe die hansworse dit onder mekaar uitspook.

Johan Basson ·

As Eskom al die geld wat aan hulle geskuld word kon invorder sou die probleem baie kleiner gewees het. ‘n Gebrek aan kundigheid en verskaffers wat bestuur onder die tafel betaal om tenders te kry is ‘n werklikheid. Die regering kan weens ideologiese redes nie agterstallige munisipale betalings afdwing nie. Ja, ‘n hele politieke dilemma. Ons moet maar soos vroeer jare weer die Lister diesel in die agterplaas elke aand gaan slinger!

Johan ·

Eskom is net soos al die ander instellings soos oa SAL, ‘n bron van vinnige kapitaal in die sak en bevoordeling van die klein groepie fat cats binne die ANC en die gekonnekteerdes. Vir so lank daar geen fisiese ingryping is nie sal hierdie vergrype voort gaan. Weet nie of Brown en Ramaposa die “krag” sal hê om die kraan van kapitaal na die verkeerde kant toe te draai nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.