Gedeeltes in Pretoria sonder elektrisiteit

Argieffoto

Argieffoto

Inwoners van Mooikloof en Moreletapark in Pretoria moet Woensdag sonder elektrisiteit probeer klaarkom, weens kabeldiefstal in die gebied.

Die stad Tshwane het reeds tegnici na die gebied ontplooi om die kabels te vervang.

Lindela Mashigo, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê die stad kan nog nie ‘n aanduiding gee wanneer die kragtoevoer herstel sal wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Fanie ·

Kan tegnici nie tog maar eenmaal kabels wat nie waardevol is vir boewe installeer nie? Dit sal soveel geld en waardevolle tyd bespaar!

Dee ·

Dit sou sin maak Fanie, as dit nie daarvoor was dat sommige metale ‘n hoër en vinniger herleidingsfaktor verskaf. ….. Het my eie woorde gekies soos ek dit verstaan en ek is nie ‘n elektrisiën nie, so miskien sal ‘n sparkie dit duideliker stel. Maar wat ek sê is basies die rede.

Joe Olivier ·

In Wapadrand, PTA het iemand die rioolpype gesteel. Die riool loop nou in die strate af.

Kort-en-kragtig ·

Solank derduisende blankes en Afrikaners blootgestel word aan die indoktrinasie (en streng sensuur deur web-administrateurs!) hier op Maroelamedia, in Afrikaanse kerke, die SABC TV en Afrikaanse dagblaaie, sal ons maar in lengte van dae met hierdie tipe probleme moet saamleef…

elize ·

Moreleta, hoe meer julle die informele nedersetting daar by julle voed, hoe meer groei hy, en hierdie prolembe gaan al meer en meer voorkom. Julle gaan maar moet leer om daarmee saam te leef.

Kort-en-kragtig ·

elize. Maar mag ons beswaar maak teen daardie nedersetting se teenwoordigheid indien enigeen van hulle (aldus Flip Buys) kan deel word van die “Afrikanergemeenskap” indien hy/sy sou “tuis voel” daarbinne??

Michael ·

As dit nie die verbruiker se skuld is vir die onderbreking van die kragtoevoer nie kan die verbruiker ‘n eis indien by tshwane metro regsafdeling vir skade gely .Ek dink as meer mense dit doen sal jy sien hoe pas die Metro polisie wetstoepassing toe op kabeldiefstal

Dee ·

Waarom dink jy dat die munisipaliteit hulle sal steur aan sulke eise? Van wanneer af is diens is die land so op datum?

johny ·

Gooi krag kabels na dit in grond is toe met sement dan kan dit nie gesteel word nie

JOHNY ·

My kommentaar asb tot voordeel van almal om te lees Dankie Maroela

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.