Gedeeltes van Gauteng sonder water

Argieffoto: Wikimedia

Argieffoto: Wikimedia

Die Ekurhuleni-metropolitaanse munisipaliteit in Gauteng het inwoners en ondernemings versoek om spaarsamig water te gebruik, aangesien Germiston nie meer water het nie.

Groot dele van Suid-Afrika word deur ʼn hittegolf geteister en tesame met ʼn droogte is die watertoevoer onder groot druk.

Die Ekurhuleni-munisipaliteit het Dinsdag ʼn kennisgewing uitgereik om te sê daar is tans in die volgende dele in Germiston geen water nie:
Dawnview
Gerdview
Marlands
Germiston-middestad
Elsburg
Lambton
Fishers Hill
Wadeville
Bedfordview
Primrose Hill
Sunny Rock

Die munisipaliteit verskaf by die volgende gebiede watertenke:
Oorkant Old Marlands-swembad naby Solly’s Supermark
Op die hoek van Elbertfieldlaan en Windsorweg
Howe-sirkel
Op die hoek van Jubilee- en Ralstonlaan
Op die hoek van Vierde Laan en Pypstraat
Op die hoek van Riley- en Van Buurenweg in Bedfordview
Van Buurenweg (oos van Harperweg) voor die Virgin Active
In die parkeerterrein van die KFC in Kirbyweg in Bedford Gardens
Op die hoek van Lucaslaning en Normanweg in Bedfordview (voor die Hyundai-motorhawe)
Op die hoek van Fairway- en Penthurstlaan in Essexwold

Die munisipaliteit het ook gewaarsku dat vlakke in die opgaardamme in sekere gebiede ʼn kritieke vlak bereik het en dit kan tot lae waterdruk lei.

Verbruikers in alle gebiede in Ekurhuleni word versoek om aan die volgende maatreëls te voldoen:
– Geen swembaddens mag gevul word nie
– Geen besproeiing of tuin natmaak nie (tensy dit gryswater is)
– Motors en plaveisel mag nie gewas of afgespuit word nie
– Verminder storttyd en vang die koue water op wat aanvanklik uit die kraan kom
– Herstel lekkende krane en spoelbakke

“Indien die situasie vererger, sal die munisipaliteit waterbeurte moet instel en watertoevoer kan vir ʼn gedeelte van die dag afgeskakel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Ek sien gister (9 Nov) in Vanderbijlpark se ou middedorp oorkant Absa in die parkie word met sproeiers die gras natgespuit. Ook is daar sovele lekkende pype waaraan niks gedoen word.
Kan maar net mens se hande saamslaan . . .

Sim ·

Dit verstom my hoe mens nog in SA kan wil bly, veral met jong kinders. Wat n wonderlikke land, maar so baie onodige probleme.

Klippies ·

Met hierdie droogte raak ons almal bekommerd. Sim, dit is nie nou ‘n tyd om SA sleg te sê nie. Ons moet begin bid vir reen en GLO.

Genis ·

Kan julle nie sien dat God Sy aangesig weggedraai het van hierdie vervloekte land nie? HY sal genade toon aan wie Hy genade wil betoon en Hy sal Hom ontferm oor wie Hy Hom wil ontferm.

neelsie ·

Ons is dan deur die “slim” minister meegedeel dat RSA geen watertekort het nie.
Die Anc heg geen waarde aan waterbronne nie , anders sou hulle dit beter bestuur het.
Water word verniet aan menigte uitgedeel-dan sal iemand dit nie waardeer nie.!

alida ·

Toe ek jonger was het die regering (nie hierdie sirkus nie) ‘n biddag uitgeroep en dit ‘n openbare vakansiedag verklaar om al die mense die geleentheid te gee om kerk toe te gaan en die Here te vra vir reen. Glo my in 1971/72 het dit werklik gebeur. Toe ons uit die kerk stap toe reen ons papnat. Zuma het hope boorgate by sy huis(e). Ons word op ons kniee gedwing maar hy is te dom om dit raak te sien.

neelsie ·

Wat sal die belangrike president se kommunistiese vriende nou se as hy voor die Almagtige God buig?
“Ek Nebukadneser vreet gras”

Theresa B ·

Kom kyk net hier hoe loop die water in die strate. GEEN moeite word gedoen om herstelwerk te doen nie. Dis Woensdag en ek ry elke dag (oggend en middag) verby hierdie lopende water in die strate af. Nou vra ek………………….. (Laat ek liewers hier my kommentaar stop).

Theresa ·

Laas ook gevra – maar kommentaar was weggelaat.
Wie volg die plakkers in Pretoria-Oos begrafplaas op waar hul kraankoppe afgebreek het sodat hul makliker net die lopende natuurlike hulpbron kan droogloop. Hul leef daar en hinder mense wat grafte besoek. Hul “steel” ons water en nou moet ons minder gebruik? Ruk die mense in die bek wat ons land leegtap op allerlei maniere.

Theresa ·

Waarom is my kommentaar weggelaat? Indien daar iets in is wat kan affronteer kan ek dit verstaan, maar daar is nie – dis feite soos baie hierbo?

Sune van Heerden ·

Dagsê Theresa

Kommentaar beland soms in ‘n mandjie waar dit per hand goedgekeur moet word. Dit neem dus soms ‘n wyle vir kommentaar om op die webwerf te verskyn, al is dit kommentaar wat voldoen aan ons bepalings en voorwaardes.

Dankie vir jou geduld
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.