Gedenkbeurs in naam van TUT-student wat tydens optog sterf

'n Huldeblyk aan Benjamin Phehla.

‘n Huldeblyk aan Benjamin Phehla.

ʼn Gedenkbeurs gaan beskikbaar gemaak word ter nagedagtenis aan die #FeesMustFall-studenteleier van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) wat verlede week dood is nadat hy tydens ʼn optog in Pretoria deur ʼn motor raakgery is.

Prof. Lourens van Staden, visekanselier en rektor van TUT, het gesê die beurs gaan na Benjamin Phehla genoem word om sy die bydrae wat hy tot TUT gemaak het, te verewig.

“Die universiteitbestuur het besluit dat die beurs vanaf 2017 aan ʼn akademies verdienstelike en behoeftige student aan die Fakulteit van Inligting en Kommunikasietegnologie uitgereik gaan word,” het Van Staden Donderdag in ʼn huldeblyk aan Phehla gesê.

Phehla, ʼn finalejaar inligting- en kommunikasietegnologiestudent, en twee ander studente is verlede Donderdag beseer toe hulle deur ʼn motor getref is op ʼn pad tussen die noord- en suid-kampus in Soshanguve waar die studente ʼn optog gehou het. Die studente het vroeër die dag ʼn optog na die Uniegebou gehou om op gratis onderwys aan te dring. Phehla is na ʼn hospitaal gehaas waar hy later dood is.

“Die betogers het na bewering die verkeer tussen die twee kampusse in Soshanguve ontwrig en drie studente is beseer toe ʼn bestuurder beheer oor die motor verloor het. Dit is met diep hartseer dat die universiteit moet bevestig dat een van die studente wat tydens die voorval beseer is, later die aand gesterf het,” het die universiteit vroeër in ʼn verklaring gesê.

Die voorval word steeds deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

36 Kommentare

jongste oudste gewildste
Liesl D

Belaglik!!! Hy was die leier van die optigte wat ook vir duisende rande se skade verantwoordelik was. Nou word iets na hom vernoem? Wat n voorbeeld!!!!!!!!

Jingles

Daar is soveel mense in ons land wat soveel goed doen vir mekaar, dei samelewing en ook goeie dade verrig wat soveel vir andere beteken. Dit is tragies dat iemand wat om die verkeerde redes vereer wors vir iets nou so opgehemel word en beurse ontvang. Daar sal ook in die toekoms seker ook ‘n standbeeld vir die held opgerig word? Mense dit ia darem nie regverdig nie. Wat van die studente wat ongeag al hierdie probleme deursettingsvermoeë toon en steeds aangaan met hulle studies. Moet so persoon nie eerder erkenning kry nie???!

Sannie

Nou het ek alles gehoor!! Wat se voorbeeld was hy? Slaan my met n pap snoek!!

Ek

Op dees aarde waar om nie maar vir elke moordenaar en oproerige ‘n gedenbeurs en standbeeld oprig nie. Hy was ‘teroris’ wat verwoes het wat ander opgebou het nou mort hy vereer wird. BELAGLIK!!!!

SNEL

Sjoe, maar dinge werk agterste voor. Jaag nonsies aan, sterf en word vereer. Net as ek dink ek het alles gehoor wat te hore is, dan pop iets nuuts op. My aarde, ek is uit die veld uitgeslaan. Is dit nou die nuwe manier van kruip. Laat ek eerder stilbly.