Gedenkdiens ná graad 1-seun sterf by skool

Divan Joubert. Foto: Facebook.

Divan Joubert. Foto: Facebook.

ʼn Gedenkdiens word eersdaags vir Divan Joubert, die graad 1-leerder aan die Laerskool Standerton in Mpumlanaga wat Maandagoggend by die skool oorlede is, gehou.

Rudi Hamman, die skoolhoof, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig sy gedenkdiens is Vrydag, 24 April om 11:00 by die NG Moedergemeente (Klipkerk) in die dorp.

Jouberts se skoolmaats en onderwysers het ook Dinsdag blomme by die skool se herdenkingsmuur vir hom geplaas en kerse in sy eer aangesteek.

Maroela Media het vroeër berig Joubert het glo op die skoolterrein gestruikel. Graad 7-leerders het hom opgehelp, maar hy het onmiddellik daarna inmekaar gesak. Noodhulp is toegepas, maar hy kon nie bygebring word nie. ʼn Dokter, wat langs die skool woon, se hulp is onmiddellik ingeroep en hy het Joubert dood verklaar. Die skool het die polisie en die departement van onderwys in kennis gestel.

ʼn Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal.

Intussen stroom boodskappe van bemoediging op Maroela Media in vir Joubert se geliefdes.

Elize Jacobs skryf: “Baie hartseer. Alle sterkte aan die familie. God sal julle hand hou en dra waar nodig. Alle sterkte, van die Jacobs gesin.”

Alet skryf: “Dit is so hartseer! Pappa, mamma ek weet hoe julle voel! Het ook 30 jaar terug ʼn kindjie verloor! Sterkte aan julle!”

Anita skryf: “Wat ʼn pragtige seuntjie! Baie liefde en sterkte aan sy ouers, sussie, grootouers, maatjies en almal wat hierdie mooi kind lief het. Mag Vader julle in ʼn mantel van vertroosting toevou.”

Chantal skryf: “Ons hartjies gaan uit na mamma en pappa en sussie. Ons bid vir julle, ons dink aan julle, ons weet nie waardeur julle gaan nie. Ons vra die Hemelse Vader om sy hand oor julle te hou en julle te dra deur dié tyd. Divan jy gaan deur so baie mensies, vriende en familie gemis word. RIV.

Divan, ek’s ʼn mamma van drie en ek het geen woorde, nie dis vreeslik baie hartseer hy was nog so klein.”

Mandie skryf: “Ek sit hier met trane in my oë, dis so hartseer. Ek het ʼn dogtertjie in graad 1 ek kan my nie indink dat so iets met my moet gebeur nie. My hart gaan uit na die ouers en die sussie van Divan. Rus in vrede seun, jy gaan gemis word en jou mense sal altyd lief wees vir jou. Sterkte mamma, pappa en sussie.”

Lees meer boodskappe hier in die kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erika ·

Sterkte aan die ouers – daar lê ‘n moeilike pad voor. Ek het 4 maande terug my seuntjie verloor wat 5 jaar oud was.

Eliza-beth ·

Erika – sterkte aan jou dan ook! Ons gedagtes is by hierdie gesin in hierdie vreeslike tyd van vrae, hartseer en alles wat met dit saamgaan.

Karina ·

My innige simpatie aan klein Divan se mamma, Pappa, sussie , familie, laerskool en personeel .wat n geweldige skok en hartseer .Rus in Vrede klein man .Mag God jul anker en vertrooster wees in die moeilike tyd wat voorle.Baie sterkte jul is in ons gebede .Die Strydom gesin

Surita ·

My inninge simpatie en ek kan my nie eers die hardseer indink waardeur die mamma,pappa,sussie en almal wat hom lief gehad het kan voel nie.Ek is n ma van 2 seuns en kan my nie n lewe indink sonder hulle nie.Ek het nie woorde nie en kan net se baie sterkte vir die pad voorentoe.Jesus sal julle deur die moeilike tyd help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.