Gedenkdiens vir Brink-kinders gehou

Dr Brink en sy vrou, Lise en hul kinders. Links onder is Rachel, baba Daniël, André, Johann en agter hom Mieke.

Dr Brink en sy vrou, Lise en hul kinders. Links onder is Rachel, baba Daniël, André, Johann en agter hom Mieke.

ʼn Gedenkdiens vir André (13) en Rachel (8) Brink, die twee kinders van Danie en Lise Brink wat verlede maand in ʼn motorongeluk buite Theunissen in die Vrystaat dood is, word op 22 Januarie gehou.

Dr. Dirk Hermann, voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand en bestuurshoof van Solidariteit, het bevestig die diens sal om 14:30 in die ouditorium van die Hatfield Christian Church (HCC) in Pretoria plaasvind.

Maroela Media het vroeër berig dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, sy vrou Lise (43) en hul vyf kinders, was op 16 Desember 2016 in ʼn ernstige motorongeluk. André en Rachel is in die ongeluk oorlede, terwyl Lise kritieke beserings opgedoen het.

Lise word tans in die waakeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion behandel. Haar linkerbeen is geamputeer en haar galblaas is verwyder na die ongeluk. Sy moet nog rug- en kaakchirurgie ondergaan. Lise is Maandag meegedeel haar been is geamputeer. Sy weet egter nog nie twee van haar kinders is oorlede nie.

Volgens Hermann sal André en Rachel se gedenkdiens lewendig uitgesaai word op Helpende Hand en Maroela Media se Facebook-blaaie, die Nuus oor Danie en gesin Facebook-blad en Helpende Hand se Youtube-kanaal, om voorsiening te maak vir die duisende mense wat nie die gedenkdiens kan bywoon nie.

“Danie en sy familie voel oorweldig deur die goedhartige ondersteuning wat hulle van die publiek af ontvang het en het hul wens uitgespreek om deur die gedenkdiens troos te bied aan almal wat hul gebede en gedagtes in die moeilike tyd aan die familie gewy het. Lise sal ongelukkig nie die diens kan bywoon nie en die familie sal op ’n latere en privaat geleentheid ’n teraardebestelling vir André en Rachel hou,” het hy gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Brink-gesin op Maroela Media.

Volg die ondersteuningsgroep op Facebook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mandie ·

Ons sal met baie hartseer graag wil weet wanneer die nuus oor haar 2 engeltjies gegee gaan word en hoe sy dit hanteer..sodat ons hart saam kan bid vir die oomblik wat sy die nuus kry..sodat sy krag kan kry om verder te baklei vir haar man en ander kindertjies en nie te gaan le nie..

MCS ·

Sjoe, moet seker vreeslik wees om nie finaal tekan afskeid neem nie. Die arme kindertjies wat moet wag vir hul mamma. Hoe handteer mens so n situasie. Hulle is weg maar tog nog daar. Sterkte vir Pappa Danie en die ander kindertjies.

Jan Jooste ·

Danie en Lise en kinders. Ons bid vir julle, veral dat Hy self jul trane sal afdroog, volgens Sy belofte. Voorspoed.

Naomi van der Westhuizen ·

Here druk vir Danie en Lise & gesin styf teen U vas, vertroos hul elke minuut van die dag.

Magda ·

Groot asseblief, hou ons op hoogte van hierdie bittere seer waardeer hierdie gesin moet gaan, dankie. Ons gebede bly…

Gesiena Vermeulen ·

Heer dis n groot seer. Troos en versterk hul net soos U alleen kan

Sonja ·

Baie sterkte… ons bid elke dag saam met jul. Mag jul vertroosting kry. Jul het mekaar nou nodiger as ooit. ?

Lucille ·

Liewe Vader in die Hemel gaan met die Brink gesin omvou hulle in U liefdes kombers vertroos hulle gee hulle krag amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.