Gedenkdiens vir Joost

Joost van der Westhuizen. Foto: J9-stigting/Facebook

Joost van der Westhuizen. Foto: J9-stigting/Facebook

ʼn Openbare gedenkdiens word later vandeesweek vir Joost van der Westhuizen (45) gehou nadat hy Maandag oorlede is.

Volgens Van der Westhuizen se J9-stigting sal ʼn openbare gedenkdiens Vrydag om 12:30 gehou word by Loftus Versfeld in Pretoria. Begrafnisreëlings is egter nog nie bekend nie.

Die J9-stigting het intussen ook bevestig dat Van der Westhuizen Maandagmiddag by sy huis in die teenwoordigheid van sy geliefdes oorlede is.

Medelye stroom intussen van regoor die wêreld vir die Springbokheld se familie en vriende in.

Van der Westhuizen is in 2011 met amiotrofiese laterale sklerose (ALS), ʼn aggressiewe vorm van motorneuronsiekte (MNS), gediagnoseer.

Hy laat die ma van sy kinders, Amor Vittone, sy twee kinders Jordan en Kylie, sy pa Gustav‚ ma, Mariana en broers, Pieter en Gustav, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jaques ·

R.I.V ou grote!
Innige meegevoel aan vriende en familie in hierdie baie hardseer tyd, mag sy twee pragtige kinders altyd die goeie van hul pa onthou en uitleef.

Jaques ·

Rus In Vrede ou grote!
Innige meegevoel en simpatie met familie en vriende. Mag Joost se twee pragtige kinder altyd die goed onthou van hul dapper pa.

Yster ·

Kan iemand onderhandel met Kyknet of een of ander tv kanaal vir n uitsending van diens. Ons sal graag uit ander dele van die land dit wil sien.

Marisa ·

Ek stem ook saam met almal. Ons sal graag uit Kanada ook na dit wil kyk. RIV Ou Grote, jy laat ‘n groot leemte in die sportskringe. Alle sterkte aan die familie deur hierdie moeilike tyd.

gysbert ·

Ek stem saam Yster. Dalk kan daar nDVD van gemaak word. Ons is in die Kaap en sal dit nie kan bywoon nie. Sal graag so n DVD wil koop. Kan iemand so iets reel? Ook dalk op TV uitsaai buite werksure vir ander dele van did land?

Anel ·

Ek dink dit kan wêreldwyd uit gesaai word. Hy was deur die wêreld bekend en ek glo daar is mense in ander dele van die wêreld wat dit ook graag sal wil sien.

Kobus ·

Ek stem vir die uitsaai van die diens. Ons verloor n dapper held. Joost was volgens my die beste “scrummy” wat die wèreld nog gesien het. Rus in vrede daar waar jy geen pyn en hartseer ken nie ou grote Generaal Joost…

T ·

Ek is ook ten gunste van die voorstel. Joost verdien n spesiale uitsending ! Net met Amor en familie se toestemming sal dit wonderlik wees. Maar as die familie privaatheid nodig het asb kom ons respekteer dit!

Waldelie ·

Ek was teleurgesteld oor die manier hoe kyknet se nuus kanaal oor Joost se afsterwe gepraat het. Hoekom moes hulle sy foute uitlig. Ai dit was so onnodig. Sal graag die diens op tv wou sien

Alwyna Holtzhausen ·

Ek was ook uiters terleurgesteld in eTV se uitsending en het aan hulle n epos gestuur. Uiters onsmaaklik, onvanpas en onsensitief!

Johann ·

Skuus? Die MEDIA (anders as Maroela) berig oor die totale omvang van die mens Joost vd Westhuizen se nalatenskap, en daars mense wat dink dis onnodig en onsensitief? As julle die mens so verafgod vir wie en wat hy was oor RUGBY, het Joost EN Amor se keuses oor verhoudings en die openbaar making daarvan net so n groot realiteit in die wereld agter gelaat? Wat van Joost se 1e vrou Marlene…word sy nie ook “agtergelaat” nie?

Alida ·

Alle mense wat sterf se lewens was nie vlekkeloos nie. Die hele wereld weet van sy fout. Hoekom dit nou verberg. Jammer vir sy familie maar hy is verlos van sy lyding. RIV

Tina ·

RlP Joost jy was maar 1 uit die al bestes nou kan jy lekker met Danie craven in di Hemel gesels sterkte aan die familie God sal jul dra

jonathan ·

sowaar hy was n yster,generaal en wedstrydwenner.dit kom nou van n wp ondersteuner.goed gedoen legend.jy was n rolmodel vir baie selfs vir jou teenstanders.sterkte aan die familie spesiaal vir joost se kinders. RIP LEGEND

Christine ·

R.I.V. Joost ons gun jou die rus. Sterkte aan die familie en vriende

Yster ·

T. Jammer om weer iets te sê maar die gedenkdiens is gereël vir almal wat n laaste eer wil betoon. Omdat hy n groot en dapper persoon was. Privaat begrafnis is n familie geleentheid. Nico jy het die berig geplaas. Help om dit gebeeldsent te kry asb. en bv. na 7 in die aand.

Sarie ·

My hart is bàie seer, maar hy is nou verlos van die pyn & die rolstoel… Wàt ‘n voorbeeld was hy vir ons almal gedurende die afgelope 6 jaar van sy lewe…. Hy het nou rus & vrede. Gun hom dit…

Boeremeisie ·

Ek was nooit ‘n groot Joost fan nie. Maar vanaand het ek vir die eerste keer sy biografie movie gekyk. Die man verdien die helde ophemeling! Nie vir sy rugby nie maar vir sy karakter in hoe hy daardie vieslike siekte geveg het. Wees stil wêreld ‘n held.het gesneuwel

Nuushond ·

Ek kan nie verstaan…Saterdag bedenklik opgeneem en in n kunsmatige koma geplaas…Sondag het sy toestand verbeter na stabiel maar steeds bedenklik….Hoe kan die dokters hom in daardie toestand ontslaan nadat sy geliefdes hom in hospitaal finaal gegroet het….kan iemand my dalk n verduideliking gee asb….

Fanie ·

Dalk sy en sy familie se versoek dat hy eerder tuis, tussen sy geliefdes sterf as in ‘n kliniese hospitaal? Ek sou dit so verkies, as ek kon.

Frikkie ·

Nie sal kan se of dit nie dalk een van Joost se wense was nie “Nuushond” Joost sal in rus en vrede nou kan leef sonder enige kwale seer kry. Ten minste sal hy naby sy Here nou kan wees

Sak ·

ons het almal lief geraak vir Joost juis omdat hy menslik was en ons almal kan daarmee assosieer…yster was hy opi veld…en toe steel hy die wereld se harte met sy lewe daarna…dankie Joost!!

Hennie ·

RIV Joost. Eks stem saam met almal se boodskappe en hy was en is een van die beste sport helde ooit, maar ek wil graag iets anders uit lig.
Hoekom kan ons nie ‘n gedenkdiens kry vir al die Boere wat vermoor word nie. Vir al die misdaad slag offers in hierdie land wat vermoor, verkrag en wreed aangerand word elke dag nie. Hoekom nie een dag ‘n maand almal laat rooi hemde aan trek vir al die slag offers van misdaad in die land nie. In SA word meer mense in ‘n maand vermoor as in party oorlogte die laaste ruk wat oor maande en selfs jare strek en geen politieke party sal iets daaroor se nie.

Alida ·

Ai nuushond. Verstaan jy nie. Dit was sy wens om by die huis te sterf. Die Dr het hom by die hospitaal gestabiliseer en huistoe gestuur want hulle het geweet dit is die einde. Die mense by sy huis is opgelei en het hom net gemaklik gehou vir die laaste paar uur.

Nuushond ·

Dankie Alida…vir jou insig om my reg te help…ek moet erken dat ek nie eens Std 3 en houtwerk op skool gehad het nie…in teendeel moes die skool afgebrand word om my daaruit te kry.

Susan du Toit ·

Johan ek stem saam Marlene was ook lank deel van sy lewe en het hom ook bygestaan
maak nie saak wat gebeur het nie. Haar man en kinders het hom ook besoek sluit haar nie
uit nie maar dis die Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.