Gedenkdiens vir Mark Minnie gehou

Mark Minnie. Foto: NB Uitgewers

ʼn Gedenkdiens word Vrydag in Port Elizabeth gehou vir Mark Minnie wat verlede week dood aangetref is op ʼn vriend se kleinhoewe in Theesecombe.

Minnie, ʼn oudspeurder, het saam met Chris Steyn, ʼn voormalige ondersoekende joernalis, die omstrede boek, Die seuns van Bird Island, geskryf wat vroeër vandeesmaand bekendgestel is.

Skaars twee weke later is Minnie dood gevind met ʼn skietwond aan sy kop en ʼn vuurwapen langs hom. ʼn Selfdoodbrief is ook op die toneel gevind.

Die gedenkdiens vind om 12:00 in die NG kerksaal op die hoek van 5de Laan en Pickeringstraat in Newton Park plaas. Minnie is Donderdag tydens ʼn private seremonie veras.

Steyn en Minnie beweer in Die seuns van Bird Island dat drie voormalige ministers van die Nasionale Party in die 80’s by pedofilie betrokke was.

Chris Steyn en Mark Minnie

“Dit was Minnie se laaste wens dat slagoffers en mense met meer inligting na vore sal kom en dat daar ʼn behoorlike ondersoek sal wees,” het Steyn vroeër die week in ʼn verklaring gesê. “Hy wou hê die stemme van die slagoffers moet gehoor word. Kom ons maak sy laaste wens waar. Enigiemand met inligting oor die seuns van Bird Island kan ʼn e-pos aan ons stuur na [email protected].”

In Minnie se laaste brief sê hy dat hy moeg is en uitsien na ewige rus. Die res van die brief is aan sy familie gerig.

 

Aan Steyn het hy geskryf:

“Die jammerlike krete van die seuns van Bird Island spook die afgelope 31 jaar by my.

Uiteindelik is hulle storie bekend.

Chrissy, moenie nou opgee nie. Jy is amper daar.

Geen staatsamptenare wat jou hierdie keer verhinder om ondersoek in te stel nie.”

seuns van bird islandSteyn sê dit was Minnie se laaste woorde aan haar. “Dit kom uit ʼn brief wat kort voor sy dood geskryf is. Hy het dit sy ‘laaste skryfstuk’ genoem. Hier is my antwoord:

‘Mark

Ek sal aanhou.

Jy het dit geweet.

Ek wens net jy kon hier gewees het om saam met my deur al die nuwe leidrade te werk.

As jy net nog kon gelewe het om te sien watter inligting en ongelooflike bevestiging ons gekry het sedert die boek uitgegee is.

Jy sou uiteindelik ʼn mate van regverdiging gevoel het.

Maar ek het goeie nuus, Mark. Daar is reeds genoeg om ʼn nuwe dossier te begin saamstel. Wanneer ons gereed is, sal ons dit oorhandig vir verdere optrede. Dit is al wat jy ooit wou hê. ʼn Behoorlike ondersoek.

Maar jy hoef jou nie meer daaroor te bekommer nie.

En niemand gaan hierdie dossier steel nie.

Chrissy.’”

Die polisie het vroeër gesê geen vuilspel word vermoed rakende Minnie se dood nie. Van Minnie se familie en vriende glo egter nie dat hy sy eie lewe sou neem nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elize ·

Nou gaan daar wurms uit die grond kruip en verklarings aflê dat hulle ook van daardie seuns was. Hoe geloofwaardig gaan hierdie ondersoek wees en hoekom het hierdie twee menere soveel jare gewag om die “gewraakte ” boek te skryf. Het hulle gedink dit gaan hulle op die oudag bietjie in luukse laat lewe of is hulle ook van die statistieke wat sensasie soek en hulle eie mense voor die vuurpeliton sit. Hy het selfmoord gepleeg omdat hy te laat besef het watse gemors hy aangevang het sonder dat iemand aangekla of ondersoek is. Twee van die mense is oorlede so dit is maklik om nou met ‘n vuil lap hulle name te probeer afvee uit die lewe. Geen simpatie van my kant af nie

RUS NOU ·

Ja toe gaan in vrede, of wat jy gese het nou waar was sal NIEMAND ooit weet nie ne?

Cobus ·

Snaaks hoe laaank na die tyd die boek geskryf is nig vreemder is dat geen van die seuns behalwe een kastig sover navore gekom het en nog vreemder is dat geen van die helikopter of boot bemanning navore kom om die lawwe storie te bevestig nie geen bewyse net wilde bewerings teen afgesterwe manne nie. Nee wat geen simpatie vir ooglopende sogenaamde skrywers wat net geld uit lig gelowige mense wil maak oor leuens

pieterdp ·

Die boek lees soos n storie boek. Daar word geskryf van die gedrink en kop seer en n pinkie wat so dik is en voel soos n adfokadupeer.
Dis is die boek vir my maar n vakaie boek en geensins waar nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.