Gedenkdiens gehou vir meisie (7) wat in see verdwyn

Louise Fowler. Foto: Facebook

Polisieduikers kon nog geen teken van Louise Fowler, die sewejarige meisie van Kaapstad wat Vrydag op ʼn strand in Bettysbaai deur golwe van die rotse af geslaan is, vind nie.

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die soektog na Louise gaan egter steeds voort. Daar word kilometers ver langs die kuslyn af én in die water na haar gesoek. Daar is Saterdag van haar klere in die water gevind, maar tot dusver was daar nog geen teken van die gr. 1-dogtertjie nie.

Maroela Media het vroeër berig Louise, ʼn leerder aan die Greenfield Girls Primary School in Kenilworth, Kaapstad, was Vrydagmiddag saam met haar ma toe sy deur golwe van die rotse af geslaan is. Daar is dadelik begin om na haar te soek en bemanning van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) staan steeds die polisie in die soektog by.

Intussen het Greenfield Girls Primary School op die skool se amptelike Facebook-blad gesê ʼn gedenkdiens sal Donderdag by die Christ Church in Kenilworth gehou word. “Daar was so ʼn uitstorting van liefde en ondersteuning vir Louise se familie en baie het gevra hoe hulle kan help. Die Fowlers het vertel van die ongelooflike ondersteuning en vasbeslotenheid van die Hermanus-NSRI. Hulle sal dit waardeer as donasies aan hulle gemaak kan word in plaas van blomme,” het die inskrywing gelui.

Talle mense het hul medelye en hartseer oor die tragiese voorval op sosiale media uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

ELSA ·

DIT MOET VERSKRIKLIK WEES OM JOU KIND SO TE VERLOOR,HOE GAAN JY WEG VAN DIE PLEK WAAR SY VERDWYN HET,DIT SAL MY VAN MY KOP AF DRYF,STERKTE EN EK BID VIR JUL.

Pierre de Villiers ·

En die skuldgevoel sal net deur genade genees kan word. Hoe slaap `n mens…hoe leef jy aan? Sterkte.

leon pit ·

Jesus het net sy mooiste rosie kom haal om sy Hemelse tuin te volmaak. God is met julle in die hartseer tyd.

VanAfrika ·

Hou op die rosie ding ophaal, dit bring glad nie vertroosting vir ouers wat n kind aan die dood afgestaan het nie, ek weet

Lize ·

Dit maak my net so de dinges in as mense met soetsappige bollie van rosies en tuine kom. Dis nonsens!! Dit bring nie die kind terug nie. Dit was ‘n verskriklike tragiese ongeluk en dis nie hier God “blomme” vir sy tuin pluk nie. Dis nou as so tuin bestaan.

Tanya ·

Sterkte aan hierdie ouers. Tyd bring nie genesing nie, maar mens leer om met die pyn saam te leef.

Juffrou ·

Graad eentjies in my klas… Dink aan jou en drukkie jou, mamma van Louise. Kyk op.

Exle ·

Dis verskriklik hartseer, dis baie belangrik om van jongs af die kinders te leer die see en rotse is nie n speelding nie, respekteer die see en mother earth. Maar binne reels die mooiste en lekkerste plek om tyd deur te bring.

Andre Traut ·

Mnr en Mev Fowler aanvaar asseblief my diepste simpatie

Big daddy ·

Ons het die week baie anper ons dogter verloor aan selfmoord. N pa en ma se grootste nagmerrie. Ek kan my net indink hoe hierdie dogter se ouers moet voel. Mag God julle stukkende harte vertroos.

Cheryl ·

Big Daddy, baie sterkte vir julle ook en vir julle dogter vorentoe

al ·

My innige simpatie. Mag die Here jul dra in hierdie verskriklike tyd.

Cheryl ·

Dis so verskriklik hartseer, kan my nie voorstel hoe moet die ouers voel nie-baie baie sterkte aan almal

N Lourens ·

Ek stem saam. STAAK ASB hierdie sê ding van ” die mooiste blom kom pluk of die mooiste rosie kom haal “dit het niks daarmee te doen nie.!!

Fran ·

Die Rooihuide sê: Wanneer ‘n storm woed staan perde in ‘n kring om so die storm van mekaar af te weer. Ons staan saam met julle in die kring. Ons is so jammer.

Genade ·

Kan Riekert Botha asb wysheid deel in verband met dood en Jesus wat blomme …..

Trudie ·

Geen… maar GEEN woorde kan die pyn weg vat nie…. sterkte, ons bid vir julle !!

Gesiggie ·

Aan die ouers van die pragtigge kind.. my Innige meegevoel, kan net dink hoe jul moet voel, ons kan vra Hoekom? maar sal nooit werklik die antwoord kry. My Gebed is, dat sy gevind sal word, sodat jul berusting kan kry. Sterkte aan jul. RIP Klein Louis.

Hannelie ·

Hoe gaan ‘n ouer aan ? Ek dra jul as ouers op in my gebede, mag jul vertroosting by ons Vader vind.

Corrie ·

Hannelie n mens leer maar om te cope. Dit word nie beter nie en partydae erger as ander,al pyn mens se hart hoe…mens moet maar aangaan. ;( ;(

Lynne ·

Ai liewe Pappa en Mamma van hierdie pragtige ou meisietjie . . . . My hart huil saam met julle. Ek kan my nie eers probeer indink in julle verskriklike smart nie. Mag God julle styf vashou in hierdie onbeskryflike hartseer tyd.

Chantell ·

Ja mens se altyd dis God wat die mense kom haal het ook so gedink met my broer se dood. Maar ongelukkig is dit nie God wat soveel hartseer in mens se lewe bring nie. God is n God van liefde. Dus die duiwel wat kom steel soos n dief in die nag. Stetkte aan familie sal van my kop af raak.

Elsabe van Rensburg ·

Hoekom wil ons mekaar altyd kruisig, ouers en familie het n pragtige dogtertjie verloor. Niks wat ek of julle se sal enige verskil maak nie. Stilbly is ook n antwoord dink aan hulle in jul gebede

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.