Gedenkdiens vir oud-polisiekaptein

André ‘Fabby’ Fabricius. Foto: Paula Roeland

André ‘Fabby’ Fabricius. Foto: Paula Roeland

ʼn Gedenkdiens word Vrydag gehou vir André ‘Fabby’ Fabricius, ʼn voormalige polisiekaptein van die destydse moord-en-roofeenheid in Pretoria wat Dinsdag tydens ʼn huisroof in Johannesburg doodgeskiet is.

Die gedenkdiens word om 10:00 by Kerksondermure in Midstream gehou.

Maroela Media het Dinsdag berig Fabricius sal onthou word as een van die land se beste polisiemanne, ʼn goeie pa, vriend en ʼn kranige rugbyspeler.

Hy is Dinsdag in die vroeë oggendure deur drie verdagtes in sy huis in Linden in Randburg oorval en in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood. Fabricius se vrou en seun is vasgebind terwyl die verdagtes die huis geplunder het. Die verdagtes het onder andere met ʼn skootrekenaar, ʼn tabletrekenaar en selfone van die toneel gevlug.

Fabricius laat sy vrou Rista en seun Dario (13) agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jean ·

Maak my sommer siek die land van sinnelose moord….hoop die verantwoordelik brand in hel…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.