Gedenkdiens vir slagoffers van Golden Gate-busongeluk

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

Die bus wat op 19 Augustus 2016 in die Golden Gate-natuurreservaat in die Vrystaat gerol het Foto: Via @kopereend / Twitter

ʼn Gedenkdiens is Woensdag in Bloemfontein gehou om die lewe te vier van die 11 lede van die weermag wat Vrydag dood is toe ʼn militêre bus in die Golden Gate-natuurreservaat naby Clarence in die Vrystaat gerol het.

Die oorledenes is:
– Kapelaan Phumza Teledimo (37) van Bloemfontein, getroud en met drie kinders
– Sersant Matseko Josephine Madimabe (26), enkellopend en met een kind
– Korporaal Akhona Tshoni (30), enkellopend
– Onderkorporaal Sharon Nosiphiwe Macala (27), enkellopend en met een kind
– Onderkorporaal Cheena Roberta Jonkers (30), enkellopend en met twee kinders
– Onderkorporaal Maditsietsi Constance Morotolo (26), enkellopend
– Maserame Dorcas Molibeli (25), enkellopend
– Portia Palesa Ramabodu (26) (siviel), enkellopend
– Lesego Cynthia Rasethuntsha (25) (siviel), enkellopend en met een kind
– Maria Jacobs (57) (siviel), geskei en met drie kinders
– Alice Thakanyane Masilo (27) (siviel), getroud en met een kind

Maroela Media het vroeër berig die busbestuurder, een van slegs twee mans in die bus wat 41 SANW-personeellede na ʼn Vrouemaandviering by die Basotho Cultural Village in Clarens vervoer het, het die ongeluk oorleef.

Nege vroue is op die toneel dood toe die bus verskeie kere teen ʼn steilte op die R712 afgerol het. Nog twee vroue is in die hospitaal dood en talle is beseer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) ondersoek.

Die polisie in die Vrystaat en vervoerowerhede het gesê die pad word gekenmerk deur baie skerp draaie en is wel geskik vir busse. ʼn Volledige verslag oor die voorval sal binne ʼn maand aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, gelewer word.

Lees alle vorige berigte oor die Golden Gate-busongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Karma ·

Ag Vader tog, hoe lank gaan hulle nou weer rou ….. Dit is mos ‘n hele familiêre ding, ‘n begrafnis onder dié mense: dit is die Ma se broer, se neef se oorlede vrou se kleinkind, maar begrafnis hou, hou hulle begrafnis en dan ‘n “memorial” ook nog. Ek onthou een keer het ‘n kollega vir ons baas vir die soveelste keer af gevra vir “haar ouma se begrafnis” en toe vra die baas vir haar “Nou hoeveel Ma’s en Pa’s het jy gehad, dat jy soveel Ouma’s het om te begrawe?”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.