Gedenkdiens vir Winnie by konstitusionele hof

Winnie Madikizela-Mandela. Foto: Dumisani Sibeko/ANA

Die Nelson Mandela-stigting, staatsamptenare en Graça Machel het Maandag by die konstitusionele hof bymekaargekom ter nagedagtenis aan wyle Winnie Madikizela-Mandela.

Madikizela-Mandela is op Paasmaandag oorlede by die Netcare Milpark-hospitaal in Parktown.

ʼn Groot getal vroue het ook die geleentheid bygewoon.

Die ANC het intussen ook ʼn gedenkmuur onthul buite Luthuli-huis in Johannesburg.

Verskeie gedenkdienste word oor die land heen gereël voor Madikizela-Mandela oor die naweek begrawe sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

willie ·

asb asb asb staak nuus oor winni! selfs Kyknet spandeer sooveel tyd aan die persoon! nou genoeg gehad om van stasies te verander!

Leahim ·

Ek sekondeer , het nou genoeg hiervan gehad die storie wat julle gee is net n halwe waarheid

Jaco ·

Sal maar nie se wat ek wil nie. Tronksraf sal nie vir my werk nie.

Gert ·

Sy was n veroordeelde medepligtige aan die moord van n kind sy het 6 jaar tronkstraf gekry wat later verander is na n boete na sy appèl aangeteken het hoekom nou hierdie helde vereering , verduidelik asb wat ek mis hier???

Coen ·

Sy was deel van die apartheidstyd saam met baie ander mense ,sy sal ook onthou word vir haar slagspreuk met vuurhoutjies en buitebande sal on SA oorvat .Die sogenaamde neclase moorde was seker die wreedste ooit en baie onskuldige mense het hulle lewens so verloor.

Oom Kalahari ·

Laat die genoemde Ikoon nou in vrede rus. Daar sal nog baie vieringe deur die week tot aanloop van Saterdag se seremonele begrafnis plaasvind. Die finansieele impak sal sekerlik groot wees, maar die Apartheids stryder verdien haar afsluiting op ‘n hoe noot soos sy deur die jare geleef het.

Oom Kalahari ·

Ons sal ongelukkig ook nie kan bywoon nie. Hul wil nie ‘n bus van Kleinfontein af reel nie. Sterkte.

JM ·

Nou mors hulle weer miljoene op winnie wat hulle beter kon spandeer het op diens lewering

SjN ·

Sal ongelukkig nie die geleentheid kan bywoon nie, ons het n afskeid braai by die hengelklub.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.