Monument in Goudstad ‘heeltemal geskend’

Die vernielde oorlogsgedenkteken in Bezuidenhoutsvallei is nou “heeltemal geskend”. Foto: Facebook

Inwoners van Bezuidenhoutsvallei, oos van Johannesburg se middestad, is ontstoke nadat die reeds vernielde oorlogsgedenkteken in hul voorstad nou ook met rooi verf ontsier is.

Richard Brooksbank het Maandag in ʼn inskrywing op die Facebook-groep We Love Kensington, ʼn naburige voorstad, geskryf dié gedenkteken ter nagedagtenis aan gesneuweldes van die Eerste Wêreldoorlog, is nou “heeltemal geskend en vernietig deur ʼn opsetlike daad van vandalisme”.

Hy en inwoners wat op dié inskrywing kommentaar gelewer het, verkwalik die Johannesburgse stadsraad wat “in gebreke gebly het om enigsins op te tree ten spyte van maande lange waarskuwings dat dit eindelik sou gebeur”. Hy meen: “Dis hulle wetlike plig om ons erfenis te beskerm.”

Nou is dit te laat.

ʼn Gebruiker skryf inwoners het reeds in September 2017 begin mor oor die toestand van die gedenkteken. “In Julie 2018 was daar sprake dat dit na ʼn veilige plek verskuif sou word. Nou is dit te laat. Dit is die poort na ons voorstad en die stadsraad, wat daarvoor verantwoordelik is, het ons in die steek gelaat.”

Vandat Brooksbank die foto van die geskende monument Maandagmiddag geplaas het, het amper 80 mense kommentaar gelewer en is die inskrywing al meer as 60 keer gedeel.

Carlos da Rocha, DA-wyksraadslid vir Bezuidenhoutvallei en Kensington (wyk 66), het by navraag gesê hy was nie bewus van die jongste geval van vandalisme nie. “Dis vir my uiters ontstellend om hiervan te hoor.”

Hy sê die gedenkteken is op ʼn klein stuk oop grond geleë wat skaars as ʼn “park” beskryf kan word. “Mense kom dié deel binne en maak vuur by die monument, maar ʼn mens kan hulle nie sommer net verwyder nie.”

Da Rocha sê hy het die gemeenskap gesteun toe hulle hom genader het met die versoek om die monument na die Bezpark te verskuif en by die historiese Bezuidenhout-opstal staan te maak, waar dit veilig sou wees omdat dit ʼn erfenisterrein is. “Dan kon dit ook in Bezuidenhoutvallei bly, pleks van in ʼn ander voorstad.”

Tensy jy ʼn wag daar sit, sal daar altyd ʼn probleem wees.

Maar die stadsraad was nie te vinde vir die idee nie, vertel Da Rocha, wat vermoed hulle het die koste van so ʼn poging ontsien.

“Die omgewing waar die gedenkteken staan, is ʼn skande,” sê hy. “Tensy jy ʼn wag daar sit, sal daar altyd ʼn probleem wees. Nie te lank gelede nie het ek die gemeenskap gehelp om die monument skoon te maak nadat mense bekommerd was oor die toestand daarvan.”

Dié poging was egter tevergeefs solank dit oopstaan. “Die aantal mense wat omgee vir die monument is klein, maar die aantal boemelaars groot,” sê hy.

Gevra of hy ʼn insameling onder inwoners sal steun om die gedenkteken te verskuif, het Da Rocha gesê hy is ten gunste van enige poging om die omgewing te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Paul ·

Die afgelope week is die Schweizer-Reneke skool en dit wat daar gebeur het in die kollig, daar word nou al reeds ondersoeke na ander skole beplan. Verlede maand was dit Clifton se 4 de strand, wat deur betogers geteiken is, in die verlede was daar ook betogings by universiteite met massiewe gevolglike skade aan eiendom, so kan ons maandeliks aan gevalle dink waar oproeriges en vandale oorneem as hulle gegrief is.

Wat laat mens dink of hoop gee dat die mense eendag tot hul sinne sal kom en dit een af ander tyd sal stop.

Phil ·

Ja, dis hoe dit gaan in die DA wyke. Dan wil hulle nog dat mense op hulle bus miet klim. Ek vermoed hulle toerbus gaan ln n taxi verander…..

Hennie ·

Stem en dan in Uber verander Todat daar nie meer wiele oor is nie.

Irma ·

Goggas is nie beperk tot velkleur nie. Hoogs opgeleide aanvallers wat baie gesofistikeerd tewerk gaan is besig om alles wat gebou is en waarop ons kon trots wees te vernietig. As daar nie verandering id anc se uitsprake en optrede kom nie is ons land die volgende Sudan.

theo ·

ek het met n pedi sprekende vrou gepraat wat goeie kwalifikasies het, en haar woorde was dat tshwana sprekende mense nie n geskiedenis kultuur het nie. hulle weet nie mooi waar hulle vandaan kom nie, daarom is hulle baie agresief en sal hulle ander kulture se geskiedenis vernietig, in die die noorde van natal waar die zoeloes bly, wat ook n geskiedenis het is daar min tswana sprekendes.

Corrie Bresler ·

Nie so seker oor die Zoeloes nie; oorkant die rivier by Bloedrivier het hulle hul eie plek opgerig om die storie van die slag van Bloedrivier te verkondig en ek glo nie dis dieselfde as die een wat aan die anderkant van die rivier gebesig word nie. Aangesien die swart inwoners van die land, in daardie tyd, geen geskrewe woord had nie en dus heeltemal afhanklik was van die oorvertel van gebeurtenisse, met byvoegings en weglatings soos dit die betrokke verteller behaag, sal dit uiteraard lei tot weersprekings tussen verskeie variasies van dieselfde gebeurtenis.

christa ·

nie nodig om te wonder wie se karaktertrekker dit sou wees wat sulke verwoesting kan saai nie.

Barend ·

Waarom stem Afrikaners nie vir die VF+ en konsolideer minstens hulle kragte nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.