ʼn Familielid van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol het aanbeveel dat ‘n gedenkteken by Johannesburg Sentraal-polisiestasie opgerig moet word as ʼn nagedagtenis aan alle politieke gevangenes wat tydens die apartheidsera gesterf het.
Imtiaz Cajee het Maandag voor regter Billy Mothle getuig tydens ʼn verhoor oor Timol se afsterwe. Hy het aanbeveel dat die 10de verdieping van die polisiestasie ʼn gedenkteken moet word vir politieke gevangenes wat tydens apartheid gemartel is of gesterf het.
“Dit kan ʼn tipe museum of opleidingsentrum wees, wat vir die publiek beskikbaar gemaak word en die geskiedenis van veiligheidsaanhouding en die mishandeling uitbeeld. Veral kamer 1026 en ander ondervragingskamers moet gerestoureer word soos dit in 1971 gelyk het,” het hy gesê.
Volgens hom moet die lêers wat verband hou met die politieke gevangenes van die apartheidsregering ook maklik toeganklik wees vir diegene wat antwoorde soek oor hul noodlot.
Cajee het verduidelik sy reis om by die waarheid uit te kom het begin nadat Timol se broer, Mohammad Timol, in 1978 in ballingskap gegaan het sonder om hom te groet.
“Ek kan onthou ek was 12 jaar oud en verward en kwaad. Ek het baie vrae gehad en ek het antwoorde gesoek. Die skielike aankondiging dat my oom Mohammad weg is, het my bekommer. Waarom is hy land uit? Ek het vrae begin vra en wou by my familie meer weet oor oom Mohammad en oom Ahmed. Ek het die koerantberigte oor oom Ahmed se dood begin lees wat die familie gehou het en die gevolglike ondersoek wat gedoen is.”
Hy het in 1996 sy pogings verskerp om geregtigheid te soek ná die Waarheid- en Versoeningskommissie waar sy ouma getuig het.
“Ek het in daardie stadium ʼn eed afgelê om my oom se nalatenskap te bewaar. Ek sou ook nie meer net oor oom Ahmed praat nie, maar ek gaan iets konstruktief doen. Ek wou hê die volle waarheid moet aan die lig kom,” het Cajee bygevoeg.
ʼn Ondersoek in 1972 het bevind dat Timol sy eie lewe geneem het by die berugte John Vorster Plein-polisiestasie (nou bekend as Johannesburg-Sentraal). Die aktivis se familie bevraagteken egter die uitslag van dié ondersoek.
Jaoa Roderigues, ʼn afgetrede polisiebeampte, was die laaste persoon wat Timol lewend gesien het. Hy het getuig hy het gesien hoe Timol uit die 10de verdieping van John Vorster spring.
Die saak duur voort.
Lees alle vorige berigte oor Ahmed Timol op Maroela Media.
73 persone het in die veertig jaar van die vorige regering gesterf terwyl hulle in polisie aanhouding was. Die syfer vir net 2016 is meer as 900!
Honderde sterf jaarliks nadat hulle gevange geneem is, maar hierdie feit word doodgesmoor.
Wat van die 50 mense wat elke liewe dag in die land vermoor word en al die verkragtings.. 4 elke minuut …kan mens dit glo ….WAT VAN AL DIE MENSE ?
Waneer gaan die ou koeie uit die sloot grawe ophou?
waar gaan n gedenkteken vir die slagoffers van plaasmoorde opgerig word? dis nou weer n geval van haat aanjaag met sulke gedenktekens. gaan al die onthullings en gedenktekens die gestorwenes lewendig maak? laat die vergalstelike haataanhitsings staan.
Gaan daar so iets wees vir uitgemoorde boere ook.
Gaan gedenktekens opgerig word vir elke plaasmoordslagoffer wat in die ANC tyd gemartel en vermoor is?
Hier kom ‘n ding!
Hierdie sogenaamde verhoor is niks anders as n klugspel nie. Geen werklike getuienis word gelewer nie!
Tyd om weer die paintball gun uit te haal….
Hoekom het die oorledene by ‘n groep wat terrorisme beplan en uitgevoer het, aangesluit? Hoekom het sy ouers, familie en vriende hom nie gewaarsku/gekeer nie? Skielik pop getuies nou na 40+ jaar op en onthou alles soos gister? Nou word na apartheidsmartelaars verwys ipv terroriste. Moet die verkeerde nou verheerlik word?
Waar gaan die gedenkteken opgerig word vir die ANC kaders wat in kamp Quatro onder ANC beheer gemartel is en gesterf het?
Sê ek ook. Rig somaar vir hulle ook ‘n standbeeld op
Hoekom breek julle nie eerder die polisie stasie af nie daai tyd was daar wet en order nou is daar niks maak openbaar hoekom hulle hom inhegtenis geneem het hy het nie net in die dorp geloop nie kom uit met dit
Wat n grap
… langs die gedenteken vir Plaasmoorde en korrupde SA leiers.
Daar is geen konkrete bewyse dat hy uitgegooi is nie en ook nie bewyse dat hy het self gespring het nie. Nou probeer al wat ‘n ‘struggle’ veteraan om die skuld op die destydse veiligheidspolisie te pak.
Kan nie sien hoe enige uitspraak regverdig gelewer kan word nie. Dit sal ‘n ‘cold case’ bly
N standbeeld? Het die mense al hul varkies verloor? As ons standbeelde oprig vir elkeen wat op onnatuurlike wyse agv kriminaliteit hul lewe verloor het, gaan SA net uit standbeelde bestaan, hoofsaaklik onskuldige boere wat nie saam ander beplan het om ander onskuldige lewens te neem nie
En by elke polisiestasie in die land ook gedenktekens oprig vir elke boer wat al vermoor is.
Die selfregverdiging van die huidige bestel maak ‘n mens naar, om die minste te sê. Ek stem saam met al die bogenoemde kommentare. In plaas daarvan dat hulle streef na ‘n beter toekoms vir Suid-Afrika, rakel hulle dinge uit die verlede op.