Gedeporteerdes ontsnap op pad na grenspos

Beitbrug-grenspos Foto: newzimbabwe.com

Beitbrug-grenspos Foto: newzimbabwe.com

Altesaam 49 onwettige immigrante van Zimbabwe het Donderdag glo uit ʼn bewegende bus ontsnap waarmee hulle na hul tuisland teruggeneem is.

Hulle was deel van ʼn groep van 322 Zimbabwiese gedeporteerdes wat vanaf die Lindela vervoer-en-aanhoudingsentrum naby Krugersdorp met ʼn konvooi van vier busse na die Beitbrug-grenspos gerepatrieer is. Die Zimbabwiërs is in hegtenis geneem vir die oortreding van immigrasiewette en sommige was voormalige gevangenes wat vrygelaat is nadat hulle hul vonnisse uitgedien het.

Volgens Zimbabwiërs by die grens het die onwettige immigrante ontsnap toe die bus op ʼn gedeelte van die N1 waar instandhoudingswerk gedoen word stadiger moes ry.

Batiraishe Mukonoweshuro, Zimbabwiese konsul aan Suid-Afrika, het gesê die deporteringsproses moet hersien word om sulke voorvalle te voorkom en voormalige gevangenes moet van gewone burgers sonder die nodige dokumente geskei word. Hy het ook gesê baie van die beweerde onwettige immigrante het gekla dat hulle nie geleentheid gegun is om hul besittings te kry voordat hulle gedeporteer is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Lorna ·

Ja ja vra die busdrywer by moet wys hoeveel omkoop het hy gekry wragtag hul vlug uit hul land om ons land verder te kom verwoes

HEVW ·

Beslis is daar fout. Hoe kry 49 dit reg om te ontsnap indien daar begeleiding teenwoordig was? Of was daar begeleiding?

Johann Marx ·

Ag nee?? Nou gaan Zim uit mis op hierdie groep wonderlike individue se unieke bydrae tot die samelewing, die ekonomie, kultuur, kuns, godsdiens en sport? As ek die Prez van Zim was het ek Suid Afrika gesmeek om hierdie unieke groepie te soek, en seker te maak hulle kom terug na die pragtige land Zimbabwe toe, sodat hulle hulle uniekheid daar met oorgawe kan uitleef en selfs VERDER ontwikkel!! Kan nie glo dat hierdie mense wil ontsnap om in Suid Afrika te bly nie. Weet hulle nie hoe wonderlike land Zimbabwe is nie?

jean ·

Ja suid afrika wat n sirkus….hehe wat n grap….ai jaai jaai…hoe lekker lag ek nou….

EMK ·

Onmoontlik sonder hulp. As een dalk weggekom het ja, maar 49?? En dis nou dies wat vir Bob gestem het en FREEDOM geksreeu het en nou pas freedom hulle nie meer nie, want die wittes was nie eintlik die oppressors nie, hul eie narre wat aan bewind is, is die eintlike oppressors.

Frederik ·

Vlieg hul terug Zim toe met ‘n helikopter. Glo my, geen ontsnappingspoging.

Johann Marx ·

Frederik? Ontsnapping uit ‘n helikopter is nie ontmoontlik nie? Ons het baie “ters” met hulle rugsakke aan “help” ontsnap uit helikopters uit……daar in die lugruim bokant Angola. Die eerste 3000 meter af…..swem hulle. Miskien is jy net nie oud genoeg om daar te kon wees nie…

arie plaasboer ·

Ag nee Maroela,
Daardie opskrif is wanvoorstelling verby.

`n Voertuig wat teen 200 mm / minuut voortbeweeg is tog ook `n bewegende voertuig, Self `n ou mankoliekige vrou sal dit kan oorleef om dan uit te spring.

Al 49 het NIE 0ntsnap in die gewone sin van die woord NIE, maar is deur die bestuurder van die voertuig toegelaat om uit te spring deur buitensporig stadig te ry in “nakoming” van `n padverkeer kennisgewing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.