Gedrag van Wes-Kaapse polisielede ondersoek

(Foto: Tracey Adams/ANA)

Die polisieombudsman in die Wes-Kaap het ingestem om die optrede van polisielede by die Muizenberg- en Steenberg-polisiestasie te ondersoek ná verskeie voorvalle die afgelope ruk waarin polisielede in die provinsie hardhandig tydens die afsonderingstydperk opgetree het.

In een van die voorvalle het ʼn paartjie Maandagoggend in Muizenberg met hul 21 maande oue dogtertjie op die promenade gestap. Liam Bulgen en sy verloofde, Tereza Cervinkova, is in hegtenis geneem nadat hul dogtertjie na die strand gehardloop het.

In ʼn afsonderlike voorval in Seepunt het ʼn polisiebeampte ʼn man ook met inhegtenisneming gedreig omdat hy vir hawelose mense kos gegee het. Die man het glo ʼn permit daarvoor gehad.

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, Albert Fritz, het vroeër vandeesweek gevra dat die beweerde onprofessionele gedrag ondersoek word. Hy het Donderdag die ombudsman se besluit om dit wél te doen, verwelkom.

“Ek doen ʼn beroep op lede van die publiek wat onbekame of onprofessionele diens by enige polisiestasie in die provinsie ondervind het om dadelik na vore te kom en dit by die Wes-Kaapse polisieombudsman aan te meld,” het Fritz gesê.

Fritz sê elke burger het ʼn verantwoordelikheid om die verspreiding van Covid-19 te help bekamp. “Ons moet die wet gehoorsaam en ten alle tye ʼn veilige afstand handhaaf. Bly tuis indien moontlik en vermy alle byeenkomste, want dít is hoe die virus versprei,” het hy gesê.

Hy het mense ook versoek om ʼn gesigsmasker te dra wanneer hulle uitgaan.

  • Die ombudsman vir die Wes-Kaapse polisie kan by 021 483 0669 gebel word, of stuur ʼn e-pos na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ansie ·

Ek dink die polisie moet liewer op misdaad konsentreer, want dit begin alweer handuit ruk. Dit gaan ook net vererger terwyl die ANC die mense laat verhonger en verhinder om ‘n inkomste te verdien.

Jaco ·

Die ma in daardie Muizenberg-geval is van die Tsjeggiese Republiek. Hoe op aarde kan mens so ‘n moderne gesofistikeerde land vir Suid-Afrika verlaat? Selfs voor inperking was dit nie lekker hier nie. Dit verbaas my dat daar nog buitelanders uit Amerika en Europa is wat in SA bly.

Nico ·

Hoe doen die weermag hulle werk met anvalswapens en lewendige ammunisie, hierdie het nie te doen met terrorisme nie. Weet hulle ooit waaroor gaan hierdie inperking van covid19, corona virus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.