Gee almal eiendomsreg, los Grondwet uit – Motlanthe

Voormalige president Kgalema Motlanthe by die begrafnis van Ahmed Kathrada. Foto: GCIS

Eiendomsreg moet geleidelik na meer mense uitgebrei word eerder as om enigeen se eiendomsreg in te kort, het oudpres. Kgalema Motlanthe vanoggend op Rapport en City Press se grondberaad in Johannesburg gesê.

Motlanthe het benadruk dat die Grondwet nie verander hoef te word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie.

Wat nodig is vir grondhervorming is dat die staatsdiens meer doeltreffend moet wees en dat die gronduitdaging stuksgewys en planmatig aangepak moet word.

Motlanthe het gesê grond is eintlik ’n simboliese plaasvervangingskwessie vir groter kwessies soos armoede en ongelykheid. Die grootste probleem met grondhervorming is die staat se onvermoë om dit doeltreffend te implementeer.

Volgens Motlanthe is een van die grootste probleme ’n moedeloosheid oor die omvang van die gronduitdaging omdat dit nie in hanteerbare brokke opgebreek word sodat dit doeltreffend en planmatig hanteer kan word nie.

Hy het voorgestel dat met die herverdeling van staatsgrond in landelike gebiede en stede begin word, waarna gekyk kan word na private grond in landelike gebiede en stede.

Tembeka Ngcukaitobi. Foto: Skermskoot/Gibs/YouTube

Ook adv. Tembeka Ngcukaitobi het gesê ’n grondwetlike verandering gaan geen verskil maak solank die staat se vermoë nie verbeter nie. Hy het in ’n deeglike oorsig oor wetgewing sedert 1891 aangetoon hoe swart mense al meer hul eiendomsreg sonder vergoeding en sonder raadpleging ontneem is.

Desnieteenstaande meen hy die Grondwet en die reg is die manier om die huidige gronduitdagings op te los omdat inklusiwiteit en die erkenning van regte die hoeksteen van die Suid-Afrikaanse demokrasie is.

Die skokkendste inset van die dag het van prof. Aninka Claasens van die Universiteit van Kaapstad gekom wat met vers en kapittel aangedui het hoe die regering met tradisionele leiers heul om in eie belang en op hoogs korrupte wyse te verseker dat inwoners van kommunale gebiede – die kwesbaarste in die land – se eiendomsregte en menseregte deur voortgesette onderdrukking van hulle ontneem word.

Die megaboer Nick Serfontein het met praktiese voorbeelde die onbeholpenheid van die staat uitgewys, en aangetoon hoe dit reggestel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Wens ALMAL in die land kon hiervan kennis neem en dit verstaan. Onse Julias ingesluit.

Staak saam ·

Mbeki het ook mooi woorde gehad wat sag op die ore van elke boer gaan le he, maar die probleem is dat die beste stuurman altyd aan wal staan.
Beide kon in hulle tyd in die gemakstoel nie hulle eie raad en weisheid volg nie, wat het verander?
Hoekom dra wat hulle nou se soveel gewig.

Ben ·

Sou hulle Grond onteien sonder vergoeding is Suid Afrika dood! Gister het Mnangwa van Zimbabwe weer gehuil in die media omdat dit nou al 2 maande is en daar is nog steeds geen “Investment” in Zim nie. Hulle gaan ook GEEN “investement” ooit kry nie, want geen normalle reg denkende mens sal bele in ‘n land waar jou eiendom enige dag deur die staat op geeis kan word nie. Die enigste oplossing vir Zim sal wees om die plasse aan die regmatige eienaars terug te gee. Die dag toe die 80 Jarige Weduwee van haar plaas afgesit was sonder enige heenkome is nog nie deur die res van die wereld vergeet nie. Die politieke leier wat so dom gaan wees om gront onteiening sonder vergoeding in Suid Afrika toe te laat sal hom self in die proses vernietig. Stem saam met oudpres Motlanthe – Gee vir die mense hulle titel aktes vir die grond waarop hulle woon.

waarheid ·

Probeer hulle vure doodslaan want Pompeo gaan mos in Nov kom kuier- ?
Ek vertrou nie een van hulle nie. Ramapaddapot het seker beveel dat die vlammetjie ‘n bietjie kleiner moet brand totdat die kuiergas weer terug in Amerika is.

jaco ·

die redelike stemme in die ANC is ongelukkig amper almal nie meer aktiewe ampsdraers met invloed nie, en hulle is te oud, soos Motlanthe, of hulle is van die “verkeerde” ras soos Trevor Manual en Derek Hanekom. En juis om hierdie redes sal NIEMAND in die ANC se leierskap na hulle luister nie.

Johann Holtzhausen ·

Artikel 25 van die Grondwet maak reeds voorsiening vir onteiening sonder vergoeding waar dit genoodsaak word. Ek stem saam dat titelaktes aan verdienstelike aansoekers gegee kan word op bestaande staatsgrond.

bgj van der westhuizen ·

daar is baie grond wat aan die staat behoort en wat net le deel dit op en gee aan die mense met eiendoms reg en gee elke een wat n hop huis gekry et ook in eiendoms reg op papier dit is nie nodig om die grond wet te verander nie en as die grond gegee is en dan kan die staat eiendoms belasying in kry van die grond af

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.