Gee die grond terug, sê EFF

Die Lucas Moripe-stadion vol EFF-ondersteuners op 4 Mei 2014 Foto: EFF, Facebook

Die Lucas Moripe-stadion vol EFF-ondersteuners op 4 Mei 2014 Foto: EFF, Facebook

Die EFF het Woensdag gesê Suid-Afrikaners se grootste erfenis is hul grond en historiese onteiening moet reggestel word.

“Sonder grond is mense besoekers in hul land van geboorte,” het Mbuyiseni Quintin Ndlozi, woordvoerder van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), in ʼn verklaring gesê. “Sonder grond is alle kultuur en kuns kwesbaar vir uitwissing, ondergang en kan dit tot niet gaan.”

Hy het gesê dit is in hierdie lig dat sy party aandring op ʼn gelyke verdeling van grond deur onteiening sonder vergoeding.

Die EFF het ook versoek dat Nama, die taal wat tradisioneel deur die Khoi en San gepraat word, as ʼn amptelike taal in Suid-Afrika erken moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

dolly ·

Wat van ons wit arm mense. Alle wittes get nie geld soos die kastige agter geblemenis sink nie

Johannes ·

Die enigste erfenis in SA is 1 die verval van SA van ‘n vooruitstrewende land waar die rand voor FW se oorgawe aan die ANC sterker as die amerikaanse dollar was en 2 die land het ‘n uitstekende infrastruktuur gehad was alles af gebrand word en nie herstel word nie en al die ANC en sy ondersteuners wit swart kleurling en indier die skuld op apartheid (afsonderlike ontwikkeling) gegee word maar in die tussentyd hou die ANC ondersteuners en kurruptes niks in stand nie EFF dit is so goed ek praat met ‘n muur maar ek se dit in elkgeval SKRIK wakker

Johan ·

@Johannes
Die rand was NOOIT sterker as die dollar tydens FW se tyd nie. Die rand was wel, in die 60er/70er jare sterker.

Met die res van jou skrywe stem ek saam. Die ANC het die land afgebreek tot ‘n derdewereldse landjie. Kyk na my geliefde Johannesburg: eens wereldstad na plakkersdorpie. En jy’s reg, dis tyd om wakker te skrik en te waai.

Bielie van die Bosveld ·

EFF, skryf dit op jul vet magies, geen boer sal net sy grond afstaan sonder vergoeding nie.

Willem kok ·

Ons Afrikaners Moet saam staan hulle kan nie maak en breuk soos hulle wil nie !

Gert ·

Dit is vir my so wonderlik dat die grapjasse die Nama taal (dws die Khoi en San) wil erkenning gee vir hulle taal maar kennelik nie weet waar die mense gewoon het voor die blanke en baie later die swartse daar inbeweeg het nie. Wonder of hulle op skool geleer het van die Visrivier en trekpatrone van verskillende bevolkings 300 jaar gelede? Die besetting van onbewoonde gebied het hulle ontgaan maar hulle wil optree as kampvegters vir mense wat hededaags geen invloed op besetting van grond het nie! Net ‘n gedagte aan Julias en die EFFEnse party – jule kan traai maar die wiend waai Wes.

stoetbul ·

Ek is n boer en sal my grond weg gee want ons wit mense sal nie saam kan staan as hier moles is nie en ek kan met alle eerlikheid se ek het vir EFF gestem en is nie n dag spuit nie amandla julias malema amandla

scalla ·

ek dink jy moet geknip word, dan sal jy breins kry!!!!!!!!!!!!

PJ ·

Daar sal mense soos stoetbul wees wat nie vir sy grond gewerk het nie en dit weg gee maar die hardwerkende eerbare person sal opstaan en veg vir sy grond.
Stoetbul nooi al die haweloses en armes na jou eiendom dom sodat hulle daar kan plak en jou gelukkig maak. Miskien as jy dit oorlewe sal jy betyds wakker skrik. Ek bid vir jou.

scalla ·

stoetbul, ek is ook n boer wat my grond gekoop het, kom laat ek jou knip sodat jou breins kan terugkeer na jou hoof, jy redeneer net soos n spelonk

pop ·

O hene Stoetbul, maak dan so, gee jou plaas weg, dalk is dit net n plot en is jy te sleg om jou skuld daarop te betaal. Hoe ookal sy, daars sekerlik plek vir n hele paar gesinne.

Andries ·

Hulle stel nie belang in die grond nie, hulle stel belang wat op die grond is. Vat alles weg wat op die grond is en dan sal hulle beslis nie meer belang stel nie.

monique ·

Stem saam andries,ek glo dit gaan wat onder die grond is….hulle gaan nie mielies plant,,maar gaan steenkool myn..want wys my een plaas in zimbabwe en in suid afrika wat produktief is,,,na swart oorname..WAG die wiel draai,,vat,,gee,,want dis al wat hul ken,,hulle wil vir niks werk nie,,nee alles is mos verniet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.