Gee jou hart vir Pretoria

The Street Store is ʼn gratis opslaanwinkel vir behoeftiges en vind Sondag 16 November in Irene plaas. Foto: Verskaf.

The Street Store is ʼn gratis opslaanwinkel vir behoeftiges en vind Sondag 16 November in Irene plaas. Foto: Verskaf.

The Street Store is ʼn gratis opslaanwinkel vir behoeftiges en nou is die konsep ook op pad na Pretoria.

The Street Store funksioneer as ʼn tipe “klerewinkel”. Plakkate word oral opgerig en mense word aangemoedig om hulle kleredonasies daarteen op te hang. Mens kan ook gebruikte skoene in die bokse plaas. Die “winkel” skep dan die ervaring van ʼn klerewinkel vir die behoeftiges asof hulle self gaan inkopies doen het, maar sonder dat hulle daarvoor hoef te betaal.

The Street Store skakel met spesifieke liefdadigheidsorganisasies. In Pretoria skakel hulle spesifiek met Loved Ones of God  en die Railways Soup Kitchen. Slegs behoeftige persone wat reeds by hierdie organisasies ingeskakel is, sal op die dag die geleentheid gebied word om hul “inkopies” te kom doen.

Volgens Ilze-Marie Meintjies, een van die organiseerders, het die video van die eerste Street Store haar geïnspireer. “Nadat ek die hartroerende video gesien het van die heel eerste Street Store in Kaapstad het ek onmiddellik my vriendin, Bronwyn Hardick geskakel. Ons twee het koppe by mekaar gesit en besef met die ongelooflike ondersteuningsnetwerk wat ons reeds het, kan ons die projek met groot ywer aanpak.”

Die konsep is aan die begin van 2014 deur Maxmillian Pazak en Kayli vee Levitan van die agentskap M&C Saatchi Abel in Kaapstad ontwikkel in samewerking met hulle kliënt The Haven Night Shelter. Kyk gerus die video hieronder.

The Street Store vind op Sondag, 16 November om 12:00 by Railways Café in Irene, Centurion plaas (5 Mainweg Irene, naby die hoek van Main- en Pioneerweg).

Diegene wat skoene of klere wil skenk kan vandag vanaf 09:00 en Saterdag tussen 10:00 en 17:00 hulle donasies by Railways Café aflaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.