‘Gee my ʼn kans,’ vra nuwe minister van finansies

Malusi Gigaba tydens ‘n vorige geleentheid. Foto: Flickr/GovernmentZA

Malusi Gigaba, die nuutaangestelde minister van finansies, het Saterdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hom die geleentheid te gee om die nasionale tesourie te lei en homself in sy nuwe pos te bewys.

“Die mense van hierdie land maak staat op openbare verteenwoordigers om hul lewens te verbeter. Ek sal nie ons mense verraai deur toe te laat dat individuele of spesiale belange voorkeur bo die belange van die publiek geniet nie,” het Gigaba gesê. Sy nuwe adjunk, Sfiso Buthelezi, en die direkteur-generaal, Lungisa Fuzile, het saam met hom die mediakonferensie in Pretoria behartig.

“Elke besluit wat ek sal neem sal in die beste belang van die publiek geneem word en ek sal ontvanklik en aanspreeklik wees teenoor die publiek oor daardie besluit. Ek vra daarom die skeptiese mense in die opposisie, die media en die publiek om my te oordeel volgens my optrede in die komende maande en nie volgens bespiegeling en gerugte nie.”

Gigaba het gesê hy sal nie toelaat dat sy aandag deur “eksterne kwessies” afgelei word terwyl hy poog om Suid-Afrika se sukkelende ekonomie te “red” nie. “Ek sal eerder daarop fokus om die beleid van die ANC te implementeer om die lewens van die meerderheid Suid-Afrikaners te verbeter,” het hy gesê.

“Ek is deeglik bewus van die uitstekende manier waarop hierdie portefeulje deur al die vorige ANC-ministers van finansies, Trevor Manuel, Nhlanhla Nene en Pravin Gordhan, hanteer is. Hierdie comrades, wat deur die ANC ontplooi is en saam met die groter samelewing gewerk het, het gehelp om die Suid-Afrikaanse ekonomie te stabiliseer en te groei nadat hulle ʼn bankrot tesourie van die apartheidsregering geërf het,” het Gigaba gesê.

“Ek hoop om voort te bou op hierdie goeie leierskap en bestuur van die land se finansies soos hierdie comrades dit gedoen het.”

Gigaba het Vrydagaand gesê dit is onregverdig om te sê dat hy ʼn nuweling is in die wêreld van die ekonomie. “Ek gaan niemand se skoene volstaan nie. Ek het my eie skoene wat ek dra. Ek verstaan die verantwoordelikheid wat aan my toevertrou is. Ek is nie ʼn nuweling in die regering nie. Ek is al 13 jaar lank deel van die regering en het vier jaar lank in die portefeulje van openbare ondernemings gedien. Ek is nie ʼn nuweling in die ekonomie sektor nie,” het hy gesê.

“Ek is ʼn ervare politikus met meer as 21 jaar se ervaring in die nasionale uitvoerende komitee van die ANC. Ek het agt jaar lank as die president van die ANC-jeugliga gedien. Ek is nie ʼn nuweling nie. Ek is ʼn ervare politikus. Dit is hoekom julle sien dat ek nie opgewonde raak nie, omdat ek die erns van die posisie wat aan my toevertrou is begryp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Kobus Retief ·

N bankrot tesourie van die apartheids regering???????? Hy lieg soos ‘n tandetrekker!!!!!

Pieter ·

Unfortunately the time for another chance has passed. Why was PG let go? If his “another chance” is unsuccessful the country is down the drain. Sorry but Malusi Gigaba must go.
Also, future performance can be based on passed performance. His passed performance is questionable and highly likely to be corrupt as well. He must go. Zuma must go.

LMF ·

Moet my nie laat lag nie jou voete is hopeloos te klein vir Pravin se skoene en ek het so gehoop dit gaan uitkom vandag dat dit n April fools day grap was en kom ons kyk dalk hou jy bietjie langer as van rooyen se naweek genugtig zuma gaan aan sy eie slym verstik

Riaan ·

Wat n grap. Waar was die land bankrot 1994. Na sy comrades se dade die afgelope jare is ons bankrot in 2017. Sterkte met jou valse beloftes.

Christa ·

Ek stem Riaan!! Die EERSTE ding wat hulle gedoen het nadat hulle oorgeneem het, was om hulle salarisse te VERDUBBEL!!! How non hulle dit doen as die land bankrot was? Hahaha!!!

Manie ·

Gupta konneksies te opvallend. As minister van binnelandse sake swak besluite geneem en toerisme bedryf groot skade veroorsaak. Spandabelrig. Geen regdenkende persoon gaan hom vertrou nie.

CR ·

Pasop vir daai skeinheilige baadjie wat hy aantrek. Zuma het ook gese hy sal optree in die beleid van die ANC. Kyk waar is die land nou? Aag asb,hy sal niks kan regstel wat alreeds afgebreek is. Sy smile is net te vriendelik. Een van die dae lag hy saam Zuma.

willie ·

politieke ondervinding is nie finansiële ondervinding nie! geen regdenkende mens glo jou bollie nie! ongelukkig betaal ons belastingbetalers vir die gemors!

ABC ·

Jy is die grootste April Fool van die eeu – jy tesame met jou ander ANC narre!

jurie blanche ·

We could have given you a chance if you have being choosen under other circumstances and reasons, although through your actions at home affairs you harmed the tourist industry and were very pompous about your action on that note can not endorse you or either give you a chance unfortunately, The best was for you to have thank your president for the confidence he have in you but to reject the position. Their is also outstanding issues regarding a off shore account in Dubai and your relationship with gupta family attending the family wedding and I dont see that you are related to the guptas and dont understand the hand on the bladder relationship with a contentious family like the guptas sorry my friend.

Johanna Botha ·

Nog n kaans en NOG n kaans ….hoeveel kanse wil jy he mnr ? ….as alles so goed gaan in SA en almal net nog n kaans kan kry hoekom is daar niks oor nie van SA ….crime is oral alles gaan ten gronde ….en jy mnr soek net nog n kaans …Ghordan is jou jare vooruit ! Hy praat al klaar radical economic transformation …..met wat nogal as daar niks oor is nie ? As jou baas die land in 1 dag 80 Mijard kos ….wat bly oor slim meneer ….ons gaan ons g@tte sien met die slim mense wat niks weet nie ….maar ek dink ons verdien presies wat ons nou het ….nou skielik is baie ministers krities ….plaas hulle al lankal iets gese het ….net soos met alles in SA wag die wat in beheer is tot n ding gebreek is of nie werk nie voor hulle wakkerskrik ….Eskom met die beurtkrag is n goeie voorbeeld kyk maar hier kom nou n ding !

zoom zoom ·

Gun hom sy kans om sy baas en guptas te help om die laaste van die belasting betalers se geld te verdeel tussen die menere

Nooit nie ·

Nee regtig, jou redes om jou kans te regverdig, maak mens beangs& laat besef jou, hierdie outjie weet nie geldsake werk en as jy nie weet nie, kan jy 100de kanse kry, jy gaan opneuk. Jy laat ook my bloed kook as jy se hul het 94′ n bankrot rek gekry. Dink jy wragtig met Nkandla was die meerderheid in ag geneem. Nee probeer ten minste intelligent klink.

zoom zoom ·

Gun hom ‘n kans om homself en die zuptas te help met ons belasting gelde.

pieter ·

Jou dingetjie mnr apartheids Tesourie was nie bankrot nie JULLE ANC HET DIT GEDOEN SOEK OP N ANDER PLEK MENSE OM JOU TE ONDERSTEUN.ALles onder ZUMA MUST FALL.

Anoniem ·

Ons was nie voor 1994 n bankrote regering nie! Waar kom jy aan sulke snert?

Bullseye ·

Hierdie is nie Monopoly nie….jy kan nie weer vorder tot by begin nie

Leo ·

Doen die land n groot guns en bedank. Ook z en al ander patete.

Anoniem ·

Jy met jou “onderwys graad” en kamtige Meesteesgraad in… Sosiale wat? Nee, nee, nee en nogmaals nee… Hoe pas jou studies in by finansies… Hamba man!

TM ·

Lees mooi tussen die lyne. Hy wil die lewens van die meerderheid Suid Afrikaners verbeter hy het nie gesê AL die Suid Afrikaners nie. Hulle praat mos altyd van ons as die minderheid en hulle as die meerderheid.

Ange ·

Ja ek het daar opgehou lees en my kommentaar geplaas voor ek joune gesien het.

Allan ·

“21 jaar ondervinding as lid van die anc uitvoerende raad” = Goed geleer hou om te steel en te lieg. #gigaba must go.

Klaradyn ·

As 1994 n bankrot tesourie was, wat.de hel noem ons dit nou. Dit gaan oral so, mense word in poste aangestel dan kan hulle nie die werk doen nie. Daar sal wel n minderheid afrikaner wees wat sy gat red. En die minderheid sorg vir die meerderheid, het hy al sy sommetjies gemaak. Hoe dom moet jy wees om minister v finansies te word.

Ange ·

“…om die lewens van die meerderheid Suid Afrikaners te verbeter.”

So nie alle Suid Afrikaners nie.

Justice ·

Skerp Ange – jy is reg – hy het beslis ‘n vooropgestelde agenda.

Gerald ·

Lees die gedeelte;hy sal die beleid van die ANC implementeer!!!! My mening, soos voorgeskryf deur Zuman en die Guptas

Johannes van Staden ·

Die grap is net daar gaan niks oor wees om die meerderheid se lewens te verbeter ….toemaar hy sal nog uitvind ….as daar nie geld is en die beleggers is weggejaag dan sal hy maar n IMF lening moet gaan maak onder hulle voorwaardes

Grassie ·

Hy het ook verkondig dat hy die land se finansies radikaal gaan transformeer. Nou wonder ek waarom word dit verswyg in hierdie nuusberig.

Roz ·

Die held land kan ‘n sê hê. Kom ons hou ons SARS (tax) geld tot Zuma bedank en hulle vir Pravine terug beroep.

Apie ·

Ek stem saam, maar hoe bewerkstellig n mens dit? Werkgewers word veplig om belasting af te trek by hulle werkers.

Jollie ·

Mag dalk verkeerd wees maar snaaks dat di minister van finansies vervang word net na daar genoem is eskom is in die moeilikheid en hulle wil die mense se pensioenfonds geld gebruik daarvoor en later vervang. Dink ni Pravin wou val vir dit ni, toe word hy vervang. Ek mag verkeerd wees maar ek dink ni so ni.

christine ·

O my HKGK laat my dink aan die wat hier voor Builders Market uithang. Kwas in die hand dan kan hy verf, troffel dan kan hy messel, teelsnyer dan kan hy kamtig teels le. Hulle kan alles doen maar sort verstand. Dis n groot probleem.

yolandi ·

Bedoel hy nie dalk die “meerderheid”van DIE wat nog nie groot genoeg gehap het aan ons 1994-bankkrotskap tesourie nie? Hy praat dan sekerlik van homself ook…

Erna ·

Hy het ‘n geweldige selektiewe geheue. Skaars was hulle aan die gang toe maak hulle die SASRIA rekening leeg. Daar was omtrent R80 mijard in daardie rekenig, en daarna het nog baie gevolg. Hy bly blykbaar in ‘n huis wat deur die Guptas gekoop is, dit kan my net laat raai wasr sy lojaliteit lê.

Erna ·

Hy het ‘n geweldige selektiewe geheue. Skaars was hulle aan die gang toe maak hulle die SASRIA rekening leeg. Daar was omtrent R80 mijard in daardie rekenig, en daarna het nog baie gevolg. Hy bly blykbaar in ‘n huis wat deur die Guptas gekoop is, dit kan my net laat raai wasr sy lojaliteit lê.

charl weyers ·

Gierige Gaba, dis wat ons jou sal noem!!! Ons weet dat jy weet dat ons weet jy is ‘n nikswerd deel van die anc korrupsie. Jy is bloot ‘n pion wat deur mister zuma en sy gupta maaitjies in die pos van “finansminister” geplaas is tot nadeel van die land en tot voordeel van hul smag na geld en nog baie meer dinge wat ons land tot laer as gemors status gaan laat verval.

Uvonka ·

Hy begin al klaar sy nuwe joppie sonder enige intellektuele kapasiteit, blameer sommer voor die voet als weer en nog steed op apartheid. Red nou ‘n ekonomie met sulke Zuma puppets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.