‘Gee staatsgrond dadelik aan swart boere’

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: ANA)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Saterdag gesê enige afskaffing van privaat eiendomsregte sal Suid-Afrika se ekonomie ondermyn en tot groter armoede en werkloosheid lei.

Maimane het tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg, ná die party se federale uitvoerende komitee vergader het, die regering gemaan om dadelik die meer as 4 300 staatsbeheerde plase en meer as 1.9 miljoen hektaar van staatsgrond, wat nie gebruik word nie, aan opkomende swart boere te gee.

Die DA ondersteun grondhervorming en het ʼn trotse rekord dat hy voldoen aan dié grondwetlike noodsaaklikheid waar hy aan bewind is, het Maimane gesê. “Geen ander regering in Suid-Afrika het al meer gedoen om stedelike eiendomshervorming toe te pas as DA-geleide regerings nie. Ons het meer as 75 000 ontvangers van staatsgesubsidieerde behuising vir die eerste keer ware huiseienaars laat word.”

Die DA se posisie is duidelik, het Maimane bygevoeg – die proses van grondhervorming moet bespoedig word, maar dit moet binne die huidige grondwetlike raamwerk plaasvind. Die DA se federale uitvoerende raad het sy algehele en onwrikbare teenstand tot die voorstel, om die Grondwet só te verander dat onteiening sonder vergoeding kan plaasvind, opnuut benadruk, asook enige ander voorstel om grond te nasionaliseer.

“Ons ondersteun nie die ANC se model van permanente huurpag en steun op die staat nie. Ons staan individuele eiendomseienaarskap voor. Ons wil hê mense moet ʼn ware aandeel hê in die ekonomie en om die kans te hê om bates op te bou. Ons soek absolute en die wettig afdwingbare sekuriteit van verblyfreg vir inwoners van gemeenskaplike grond, en waar hierdie grond nie in trust gehou word nie, ʼn veilige titelakte.

“Hierdie roekelose voorstelle is gesamentlik deur die ANC en die EFF gemaak, en word nou aanvaar as die amptelike beleid van die ANC – wat in ʼn parlementêre mosie aanvaar is. Hulle het dit gedoen sonder enige besonderhede of ʼn plan, en dit lei tot geregverdigde angs oor die toekoms.

“Die afskaffing van privaat eiendomsregte sal ons land se ekonomie ondermyn en sal tot groter armoede en werkloosheid lei, net soos die geval is in enige ander konteks wêreldwyd waar dié malle beleid gepoog is,” het Maimane bygevoeg.

Hy het gesê die DA het ʼn plig om Suid-Afrikaners in te lig oor wat presies op die spel is, en om hulle te mobiliseer om dié mosie en sy roekelose voorstellers te oorwin. “Die DA sal nie van dié plig wegskram nie. Alle eiendomseienaars, en diegene wat eendag graag eiendom wil besit, moet die DA ondersteun.

“Ons benadruk weer ons versoek dat die meer as 4 300 staatsbeheerde plase, en meer as 1,9 miljoen hektaar van staatsgrond wat nie gebruik word nie, dadelik aan opkomende swart boere versprei moet word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Eish ·

Hul moet dit maar gebruik as verkiesings foefie deur aan die massas te toon dat indien hul kaart en transport van hul eiendom het, dit finansiële voordeel inhou. Hul kan die verkoop, verhuur en as sekuriteit aanbied. Hul gaan dit nodig hê om getalle te trek want ek dink tradisionele blanke kiesers gaan in hordes vertrek van die bloubloed party.

Karel ·

Ek stem saam maar, die ANC- EFF alliansie het ‘n veel dieper agenda as grond. Dit gaan oor die eiteindelike uitwissing van witmense in Suid Afrika.

Michael ·

eish ek stem saam jou hulle lyk soos n klom draad siters. praat uit 2 monde.

Cherokee ·

re blanke kiesers gaan in hordes vertrek vanaf die bloubloed party;
blanke kiesers ry buitendien wipplank. Die gemiddelde kieser weet niks van politiek en steur hulle nie daaraan maar stem wat die buurman sê hulle moet stem of vir die kleurvolste plakkaat op die telefoonpaal.
Bewys daarvan is byvoorbeeld tydens die referendum waartydens Nasionaliste steeds op die Sappe geskel het en toe hul party boeke toemaak swaai hulle na die destydse mees liberale party genaamd PFP wat bloot naam verander het na DA. Daarvandaan stroom hulle nou weer na die VF+ wat in kontras is.
En die minderheid wat wel oortuig was om Nee te stem, het die KP toegelaat om die regse stem wat die HNP se stempel gedra het, in twee te deel.
So, laat hulle maar in hordes vertrek, dit kos min om hulle weer en weer te laat trek.

knersus ·

Is dit waar dat parlementslede sowat 400 van hierdie staatsbeheerde plase vir hulle gevat het? Dit sal my glad nie verbaas nie.

Kenner ·

As dit nie alreeds die geval is nie, is dit wel die plan. Die massas gaan nie grond kry nie, die plase word gevat deur die ‘elite’ soos gesien in Zim. Die massas moet deeglik hiervan in kennis gestel word voor hulle gaan stem vir anargie, hulle gaan net meer en meer verloor, en enkeles gaan soortvan wen.

Gerrit ·

DA is net ‘n klomp opportunististe. As hul nie so swak opposie was nie, sou ANC meer op hul hoede gewees het.

jaco ·

watter staatsgrond? omtrent die helfte van die grond rondom die Theewaterskloofdam is staatsgrond. meestal berge, maar ook lekker stukke bewerkbare grond. daar kan egter niks mee gedoen word nie. dit MOET net so bly want dit dien as ‘n tipe “spons” wat reenwater en afloopwater vanaf die berge opvang en dan loop dit na die dam toe. die Theewaterskloofdam is klaar amper leeg. Gee daardie staatsgrond weg vir “our people” en dit sal NOOIT weer water in hê nie, selfs al is die droogte ook verby.
besef Maimane dit???

Oom Kalahari ·

@Nita, jy sal verbaas wees en jou kop laat sak. Sou ek kon het ek vir jou ‘n video ge-whatsapp van jou vraag. Daar word nie gesoek vir bewilliging na onbewerkte gronde nie maar bestaande bewerkte grond, plaashuise, toerusting, vee, pluimvee, wild ens. Wel as my kollega grond soek, wel neem maar en dit sal in die toestand wees as wat ek ontvang en opgebou moes word.

Boland ·

Dis goedkoper om produkte in die winkel te koop as om dit self te produseer.Die boer wat se produk op die rak is is die beste in die land.Hy kon dit teen die laagste prys produseer.Dus effektief.Groot plase ens.Dis hoekom kleinboere dit nie maak nie.Hulle sien hoe moeilik dit is.Sterkte met al julle planne vir beginnerboere.Julle het nie n idee wat in die landbou aangaan nie.My medeboere wat dit nog maak.Julle is ysters.Hou so aan.

Halo ·

Hy is darwm nie heeltemal verkeerd nie. Aooa mens deue die land ry, sien mens honderde hektaar staatsgrond ( niemandsland) gee dit vir hulle dat hulle kan boer en plak as dit is wat hulle wil hê. En help wn leer hulle hoe om dit reg te gebruik met een voorwaarde. As dit nie binne ‘n aantal jare vrug af werp nie, dan word sit terug gevat ?

Lerato ·

Baie kommentare hierbo is teen die DA, omdat die DA teen grondgrype staan. Die ou spreekwoord geld. As jy n hond wil slaan, sal jy n stok kry.

Wiskunde ·

Suid-Afrika het nie genoeg grond vir 50 miljoen swart boere nie. Ongelukkig lyk dit of net Terror Lekota dit reeds gesnap het.

Francis Linstrom ·

Net so terloops. Die grond wat aan die Regering “behoort ” is eintlik belastingbetalers in SA se grond.

Martin ·

Die ANC het reeds meer as 4000 plase terug gekoop wat nog steed in hul besit is, hoekom is dit nie reeds uitgedeel nie, die NP het ook destyds plase gekoop kamma vir trust doeleindes maar dit het uiteindelik hul persoonlike eiendom geword.

Gert van Niekerk ·

Maimane poog nou om met die VF+ se kalwers te ploeg. Dr Groenewald van die VF+ het reeds in die parlement versoek dat sogenaamde staatsgrond waarby ingesluit 4 000 plase in hul besit, onbenutte weermag opleidings gronder en dies meer aan geidentifiseerde behoeftiges gegee moet word. Maimane probeer net goedkoop punte wen.

Gestremde ·

Die DA moet besef dus nie net sommer van onmiddelik gee nie. Hoeveel opgeleide swart boere is daar tans en beskik hul oor die kennis, kapitaal en toerusting om suksesvol te kan boer. Hoe gaan daar verder bepaal word wie is boere en wie nie.

Alida ·

Almal wat so anti DA is kan julle aan sterker party dink om teen die ANC te staan. Komaan laat ons weet asb.

Anti-DA ·

Alida, die DA staan nie vir wittes nie. Hulle het nog nooit Malema oor sy haat uitsprakke in die parlament aangevat nie. Nog minder die ANC oor die plaasmoorde nie. Helen Zille was anti-wit gewees. Gaan google dit. So, nou verwag jy ons moet vir die DA stem? Nooit gesien nie.

Andre ·

Die gaan nie net oor die ANC verslaan nie, mens moet stem in wat jy glo. Ek glo glad nie in MM nie, hy het my stem as witman verloor.

Saamstaan ·

politiek is ‘n spel van skaak, hoe meer fragmentasie in die opposisie, hoe sterker maak dit die voorste patry.
wanneer besef ons uiteindelik dat dit belangriker is om ‘n sterk opposisie te hê as om verdeel te word. Om strategies te kies, doen n mens met sn kop en nie met gevoelentes nie.
Politiek is nie emosioneel nie.

Casper Labuschagne ·

‘n Siniese persoon het gesê dat demokrasie die kuns is om stemme van die armes te kry terwyl jy fondse van die rykes bekom onder die voorwendsel dat jy die een groep teen die ander beskerm. En is hierdie nie pragtige voorbeelde van daardie beginsel nie.

snoefie ·

die paddaman is te slim om die grond net te gee. oor ses maande sal daardie grond teen n appelenn ei te koop wees. einlik n ma se jammerte

Frankie ·

Neem al die grond in tradisionele stamhoofde en konings (ie Zulus) se besit – en gee ‘title deeds’ aan al die swart mense wat alreeds erwe het en op trandisionele grond bly asook die mense in stede en dorpe wat voorgeslagte / familie bande met daardie tradisionele grond het. Laat die mense toe om met die grond te doen soos wat hul goed dink… geld daarop leen, huisbou, agterplaas boere, besighede bou ens ens ens.

AJ ·

Billions have been stolen from the poor Black people over the last decade.

Those billions should have given schools, clinics, houses, farms etc to the poor.

That calls for urgent expropriation of land without compensation.

Take Nkandla and Saxonwold and give it back to the rightful owners, the poor!

JJ ·

So die swart boere kry verniet, maar die wittes betaal, wittes gaan nog vir jaaaare lank betaal in die land om die swartes gemakliker te maak

jakes ·

Het iemand al gewonder hoe Cyril Ramaphosa aan sy rykdom gekom het? Hy besit spogplase en betaal tot n miljoen rand vir n buffel. Het hy al gese hoeveel van sy grond hy bereid is om vir swartmense te skenk sonder vergoeding? Ek sal graag wil weet hoe hy sy sakeryk opgebou het en hoe hy stinkryk geword het?

Word Wakker ·

As ek so na die kommentare kyk, kan ek nie anders as om te wonder waar “common sense” heen is nie. Hy het tog nie eens totsiens gesê nie. Wat het geword van ons strategiese denkvaardighede?

As ieder en elk van ons volksgenote vir dieselfde minderheids politieke party stem, gaan dit steeds nie genoeg wees om daardie party aan bewind te stel nie. Soos korrek deur “Saamstaan” hierbo genoem is, moet ons nie met ons harte (gevoelens) stem nie, maar eerder die strategiese spel speel, deur ons stem te gooi agter die sterkste opposisie met wie se beleid ons kan saamleef….vir tyd en wyl.

Die Ingelse het ‘n uitdrukking wat lui : “The lesser of two evils”
In my opinie som dit die DA mooi op. Dit is nie die politieke party wat vir ons kultuur en erfenis staan nie, maar dit is die beter keuse in die top drie.

Hardkoppigheid gaan ons slegs verdere marginalisering en
onderdrukking in die sak bring, wat ons nageslagte in ‘n groter agterstand gaan los. Maak die strategiese skuif en verseker eerder dat die ANC nie aan bewind bly nie…of nog erger, dat die EFF nie aan bewind kom nie.

Ogies Oop ·

As ek so na die kommentare kyk, kan ek nie anders as om te wonder waar “common sense” heen is nie. Hy het tog nie eens totsiens gesê nie. Wat het geword van ons strategiese denkvaardighede?

As ieder en elk van ons volksgenote vir dieselfde minderheids politieke party stem, gaan dit steeds nie genoeg wees om daardie party aan bewind te stel nie. Soos korrek deur “Saamstaan” hierbo genoem is, moet ons nie met ons harte (gevoelens) stem nie, maar eerder die strategiese spel speel, deur ons stem te gooi agter die sterkste opposisie met wie se beleid ons kan saamleef….vir tyd en wyl.

Die Ingelse het ‘n uitdrukking wat lui : “The lesser of two evils”
In my opinie som dit die DA mooi op. Dit is nie die politieke party wat vir ons kultuur en erfenis staan nie, maar dit is die beter keuse in die top drie.

Hardkoppigheid gaan ons slegs verdere marginalisering en
onderdrukking in die sak bring, wat ons nageslagte in ‘n groter agterstand gaan los. Maak die strategiese skuif en verseker eerder dat die ANC nie aan bewind bly nie…of nog erger, dat die EFF nie aan bewind kom nie.

Casper Labuschagne ·

Ek is allermins nie ‘n DA ondersteuner nie, maar hier haal ek my hoed af vir die DA want hierdie standpunt gaan inderdaad veroorsaak dat hulle heelwat stemme sal verloor onder swart geledere. Wie sou ooit kon dink dat ‘n liberale party sulke ruggraat sal toon?

Maar, onteiening is juis wat die DA burgemeester van Johannesburg aangevoer het as ‘n oplossing om die verval van Johannesburgse middestad te stuit waar geboue nie deur hul eienaars onderhou word nie. Inderdaad is die stelling ook in die Parlement aangeprys deur Ramaphosa wat op hierdie dubbele standaard van die DA gewys het. Daar is wel ‘n verskil tussen vervalle geboue wat nie onderhou word nie en produktiewe plase wat ontneem word sonder vergoeding, maar die beginsel is dat dit of gebeur, of glad nie gebeur nie – presies soos daar by swangerskap nie grade van bietjie kan bestaan nie.

FM ·

Ek dink die DA het ruggraat, want hulle staan vir private besit en is teen onteiening sonder vergoeding. Ons moet realisties wees. Grondhervorming sal plaasvind. Ondersteun asb die DA in hierdie verband. Hulle is gekant teen hierdie nasionalistiese ideologie van die eff en anc. Hoe wil julle dan nou anders stem. En as julle n wegblystem wil uitbring dan is dit n stem vir die eff. Asb mense wees tog net realisties. Ons moet by die stembus die verskil maak. Ons leef nie meer in oom Jaap en oom Hendrik se tyd nie. Met alle respek gesê.

Casper Labuschagne ·

@FM eintlik mors ek my tyd, want ek kon nog nooit ‘n DA ondersteuner oortuig nie. Maar, dit is ‘n droom dat die ANC by die stembus in ons lewens onttroon sal word en die dag wat die EFF naby kom, sal hulle met die ANC saamsmelt. My standpunt is dat ons nooit weer aan die stuur van die skip sal wees nie en ook nie of as bemanning of in die enjinkamer welkom is nie. Daarby stuur hierdie skip op die rotse af en ons kan bitter min daaraan doen. Nou gaan dit om ons individuele oorlewing en om vir die voortbestaansreg van ons minderheid oor die lang termyn te baklei. Die persone wat vir my regte opstaan word uitgejou en verkleineer daarvoor, want hulle staan vir 100% van my regte op nie vir net 45% van my regte regte omdat die ander 55% regte ter wille van populisme prysgegee moes word nie.

Piet ·

Ogies oop, ek is bly hulle plaas jou kommentaar, ek weet egter nie of jou interpretasie van “ogies oop” korrek is nie. Kan jy nog othou hoe vinnig het die ou NP na links beweeg totdat dit eindelik saam gesmelt het met die ANC. Onthou jy nog van die DA en die EFF se venootskap? Jy moet maar die slaap uit jou oe uit vryf my vriend want jou land is klaar weg gegee. As jy nou seker is jy stem reg hou maar so aan.

Blondie ·

Om te boer in vandag se tyd en om ‘n mededingende boer te wees is nie grappies nie. Jy gaan groot of jy gaan huis toe. Ek is in die bedryf en het gesien hoe baie jong outjies jaar na jaar sukkel om kop bo water te hou. Almal wil graag boer, maar dis harde werk en goeie kennis wat op die ou einde die vrugte pluk. Weet julle wat kos ‘n gewone ou trekkertjie vandag? Daai jare van ploeg, dis, plant, skrop is jare gelede verby. Vandag koop jy ‘n trekker met ‘n implement vir R6 mil wat alles in een kan doen. Ek is jammer, maar ek het nog nie een swart boer gesien of ontmoet wat by die wit boer kan kers vashou nie. Ciryl Ramaphosa het ‘n paar plase en wie is sy voormanne….almal wit boere????

Theresa ·

Dear DA, ANC and EFF. Give the definition of a farmer please.

Perspektief ·

Die staatsgrond is OOK nie die swartes s’n nie. 50 miljoen mense maak nou aanspraak op grond . HOEVEEL van hulle se voorvaders was WEL in Suid Afrika en het WEL grond hier gehad? Dit is regtig ‘n belaglikheid en eintlik het ek GEEN simpatie met mense wat LAND verniet wil he nie .. GESTEL my PA het ‘n stukkie grond 60 jaar gelede besit en dit is afgevat deur die regering .. so what .. dan koop ek maar vir my nou self ‘n stukkie. Net om dit in perspektief te stel, my OUPA het wel naby George ‘n baie groot stuk grond besit, die (wit) REGERING het dit AFGEVAT en ‘n LOKASIE vir SWARTMENSE daar opgerig . nou vra ek jou met trane in my oe .. HOE kry ek daardie grond terug? Nog nooit het ek iemand gedreig of doodgemaak daaroor nie . nog NOOIT het ek aangedring om daardie land terug te kry nie .. Ek het nooit grond besit nie, ons het ‘n paar jaar gelede ons EERSTE Huis gekoop en daarvoor het ons ‘n BANKLENING uitgeneem … HOE DINK DIE MENSE??

Colleen ·

Al wat leef en beef wil nou hul grond terug hê. Wie gaan die eiendomsbelasting, krag en water betaal of word hul vry geskeld daarvan? Ek wonder maar net…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.