Geen aanklagte teen Zuma, sê presidensie

Pres. Jacob Zuma.  Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Die presidensie het Donderdag teruggekap teen ʼn uitspraak van ʼn opposisieparty dat president Jacob Zuma voor die hof gebring moet word op korrupsie-aanklagte deur te sê geen aanklagte is teen die president aanhangig gemaak nie.

Die presidensie het hierdie verklaring uitgereik in reaksie op ʼn uitspraak deur die Congress of the People (Cope) wat gesê het Zuma moet soos Koning Buyelekhaya Dalindyebo voor die hof gebring word. Die party het gesê Zuma manipuleer die regstelsel om te verhoed dat korrupsie aanklagte teen hom heringestel word.

Die presidensie het Cope se uitspraak as “misleidend en opportunisties” bestempel. “Dit is ʼn infame leuen en ernstige fabrikasie. Geen strafregtelike aanklagte is teen president Zuma ingedien nie. Die aanklagte teen die president is in 2009 deur die waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging teruggetrek. Om te sê die president moet voor ʼn hof antwoord op aanklagte wat nie bestaan nie, is opportunisties en kwaadwillig.”

Die Demokratiese Alliansie (DA) is al die afgelope ses jaar in ʼn hofgeding gewikkel om die besluit om talle aanklagte teen Zuma, wat uit die omstrede  1999-wapentransaksie gespruit het, terug te trek. Volgens die DA het Zuma verseker sleutelrolspelers in die vervolgingsdiens is simpatiek teenoor hom indien ʼn hofbevel ooit uitgereik word om die besluit om die aanklagte terug te trek, te heroorweeg.

Koning Dalindyebo het Woensdag begin om 12 jaar tronkstraf uit te dien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

EH Andrione ·

Laat ons die kernkragstasie ondersoek en Kyle wat is sy en die ANC Kaders se betaling of kom ons se hulle bribes Daar uit .laat Gordham aan vra vir nuwe tenders .ja hy sal teen reorder hê nie want sy aangestelde Kaders het hom vry gespreek

Rynhardt ·

Die Hanswors-partye speel die publiek.Dit het oor en oor bewys dat as enige instelling die prez wil aakla, word daardie persoon of persone ontslaan.Die prez sien homself as bo die wet en geniet die steun van sy party en die massas!Waarmee hy en sy makkers nie rekening hou nie, is dat die ekonomie al hoe meer gaan stagneer.Die uiters onstabiele markte gaan n geweldige invloed he op SA.Die druk gaan geweldig teen hom toeneem, want brood en botter kwessies gaan tersprake kom.Die begroting van 2016 gaan niks verrassends oplewer nie, want publiek gaan net meer belas word.Anc en azuma het lankal SA ekonomie vernietig! Daar is nie meer n regruk-plan nie.

Chris ·

Ek wonder net hoeveel het die vent not nodig? Wens mens kan dit n bietjie aanhelp.

sarie van heerden ·

As al hierdie sg “aanklagte” teen Zuma ongegrond is, waarom maak hy nie ‘n saak van naamskending teen die mense met sulke bewerings nie. Hoe lank wil hy nog sit in ‘n pos waarteen menige Suid-Afrikaner gekant is nie? As beweringe teen hom waar is wonder ons of hy dan nie ook ondersoek kan word vir “spaargeldjies” in buitelandse rekeninge nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.