‘Geen aansoek’ om straat na Coligny-seun te vernoem

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Daniel Buthelezi, burgemeester van die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit, het Donderdag gesê daar is geen aansoek ingedien om Voortrekkerstraat se naam in Coligny in Noordwes te verander nie.

“Ons het geen aansoeke ontvang om ʼn straat in Coligny te hernoem nie,” het Buthelezi gesê. Buthelezi het gepraat tydens ʼn sooispit-plegtigheid waar daar bekend gemaak is dat die munisipaliteit ʼn huis vir Matlhomola Jonas Mosweu se familie sal bou. Mosweu se familie sal van die Scotland-nedersetting na Gerdoren-park in die dorp verhuis.

Moabi “Oompie” Thebeyagae van Itekeng in Biesiesvlei het op 23 Mei in ʼn ope brief geskryf Voortrekkerstraat moet hernoem word na Matlhomola Jonas Mosweu-straat.

Mosweu is die 16-jarige seun van Coligny wat dood is nadat hy glo agter van ʼn bewegende bakkie afgeval het. Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) word van die moord op Mosweu aangekla en die staat beweer die twee mans het die seun van die bakkie afgegooi. Die twee beskuldigdes ontken dat hulle Mosweu van die bakkie afgegooi het en sê Mosweu het van die bakkie afgespring.

Thebeyagae het in sy brief gesê die jong mense van Coligny en Ditsobotla sal hom ondersteun indien hy ʼn aansoek bring aan die departement van kuns en kultuur in Noordwes asook die nasionale benamingskomitee om Voortrekkerstraat na Matlhomola Mosweu-straat te verander ter nagedagtenis van die “gevalle seun van die land”.

Mosweu se dood het tot gewelddadige betogings in Coligny gelei, wat nog verder vererger het nadat Doorewaard en Schutte op borgtog vrygelaat is. Tydens die onrus is huise aan die brand gesteek, winkels geplunder en paaie versper.

Doorewaard en Schutte sal weer op 7 Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Wanda ·

Ag asseblief!!! Verander sommer die dorp se naam op n groot bord na PP SCHUTTE toe.

Sê maar net ·

Mag ons in n ope brief ook vra dat elke gevalle boer wat vermoor word sonder rede in ons pragtige SA ook straat name na hulle vernoem kan hê? In elke provinsie, in elke dorp moet daar dan straat name na boere verander word wat doodgemaak word. Kan die staat asseblief ook vir elke vrou wat haar man verloor en elke kind wat n pappa verloor ook n huis bou en gee?

Sê maar net ·

En dan ook waar en hoe kan ons aansoek doen vir so iets? EN miskien kan iemand help dat di ook so vinnig gebeur.

Stem saam ·

Ek stem 100% met jou saam sê maar net! Jys 100% in die kol ! Miskien moet ons n petisie op trek en dit ook ” demand” en toi toi sing en dans en paaie afsper en allles vernietig om ons sin te kry daarvoor. Lyk my dis al hoe n mens vandag iets verniet kry as jy plunder so ver jy gaan.?

al ·

Die autopsieverslag en alles sal nou met ñ valkoog dopgehou moet word, dat daar nie gepeuter word mee nie.
Hierdie manne moet ñ regverdige verhoor kry, nie ñ politieke sirkus nie.

snoefie ·

ai tog “oompie” van wanneer af moet n ONGEHOORSAME KIND met n straatnaam vereer word? die munisipaliteite beloon dan reeds sy TRAAK- MY- NIE- AGTIGE ouers wie vir twee weke in skooltyd , mind you, nie n by om gegee het waar hulle kind is nie? as iemand vir sy dood verantwoordelike is. is dit sy ouers.

Oom Piet ·

Ek stel voor die straat se naam moet verander word na Sonneblomstraat , dan weet almal waar oor dit gaan.

Ouma ·

Ag wragties?~ hulle wil nie gesels nie…..hulle wil nonsens praat.

KOOS ·

HUL SAL DAN SEKER GRATIS KRAG EN WATER VOORSIEN WORD, WAT ONS WEL HARDWERKENDE BELASTING BETALLER GAAN MOET OPDOK.

Hanna ·

Mag hierdie twee mans n regverdige verhoor kry, want die vet weet hulle is reeds skuldig bevind… En bou dan sommer vir hulle ook huise!

Tina du Toit ·

Liewe aarde, met al die moord op ons witvelle sou die hele SA al naam veranderings gehad het. Wat maak hierdie outjie nou so special??? Ek versoek ook dat straat name verander moet word na elke boer wat vermoor is en die gesinne wat daardeur geraak is `n huis bou. Wat is volgende??? Dit is regtig belaglik man.!!!!!!!

Elsie ·

Wat ‘n absolute onregverdigheid!!! My hart breek vir elke boer wat in sy huis, sy veilige hawe, aangeval/vermoor word, onskuldig & daar word niks oor gesê of gedoen van ons regering nie, terwyl ‘n dief vereer word as “gevalle seun van die land”.

Michael ·

Hierdie ontaard nou in n surkus wat is volgende die seun se vriend word burgermeester en verbied die boere om weer sonneblomme te plant wat dit blyk n verleiding te wees vir n lui siel wat nie hou van werk nie.

Keelvol vir SA ·

As dit die geval is moet ons blankes ook aansoek doen om elke Boere wat vermoor word in SA ook n eie straat naam te gee.

Hoekom de hel dan nie???

SARIE VAN HEERDEN ·

Almal skree weg met “rassisme. Regverdigheid. Ons is almal nou eenders”. ….. Maar as jy kyk wat met ons wit mense gebeur dan weet jy dis ydel woorde en rassisme word aangeblaas deur die werke van ander wat nie soos jy lyk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.