Geen amptelike herdenking vir 2001 se stormloop-slagoffers nie

‘n Skermskoot van die twiet. Foto: ANA.

Kaizer Chiefs en Orlando Pirates het gesê die lewens van die 43 sokker-ondersteuners wat in Suid-Afrika se grootste sokkerramp in 2001 dood is, sal altyd onthou word, selfs al was daar nie Woensdag – op die 17 jaar-herdenking van dié tragedie – ʼn amptelike gedenking deur die klub óf die premiersokkerliga (PSL) nie.

43 mense is op 11 April 2001 dood tydens ʼn stormloop by Ellispark-stadion in Johannesburg.

Sowat 60 000 ondersteuners was reeds binne die stadion en nog 30 000 het buite die venue bymekaargekom in ʼn desperate poging om in te kom om die sogenaamde “Soweto Derby” te kyk.

Thandi Merafe, Orlando Pirates se woordvoerder, het gesê die klub sal altyd die mense onthou wat oorlede is in daardie voorval. “Hulle sal altyd in ons harte wees, nie net as die span nie, maar as die Suid-Afrikaanse sokkervereniging (Safa) as ʼn geheel.”

Merafe het gesê dat geen geleentheid egter vir Woensdag gereël is nie. Johannesburg het Woensdag tot ʼn stilstand gekom om die dood van Winnie Madikizela-Mandela te herdenk. Sy is op 2 April in die ouderdom van 81 dood.

Vina Maphosa, woordvoerder vir die Kaizer Chiefs, het ook gesê die mense wat daardie dag oorlede is, sal altyd onthou word.

Sommige sosialemediagebruikers was egter ontevrede omdat die PSL net ʼn foto getwiet het met ʼn byskrif wat gelees het: “Vir die 43 wat nooit huis toe gekom het nie, vandag onthou ons die ondersteuners wat hul lewens tragies verloor het tydens die Ellispark-ramp. Hulle sal vir altyd in ons gedagtes wees.”

Aanhangers het dit as “nie opreg nie” bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

TS ·

As daar elke jaar vir elke tragedie herdenkings gehou moet word waar gaan dit eindig.

Colleen ·

Alles kan nie gedenk word en die belasting betaling moet daarvoor opdok nie. Genoeg etes word met belasting geld geborg!

Alida ·

Genade stop dit dadelik! Dit is geld mors op sy heel beste. Die mense het dit self veroorsaak deur mekaar dood te trap !!!!! Wat is daar om te gedenk?

Niel ·

Nie regtig n “tragedie” nie, as die toeskouers net die reels gevolg het, maar nee, net nog n voorbeeld van ons wil hê hê hê.

Wolf ·

Elkeen Net Vir Hom/Haar self.
In die dae van ordentlikeen ordelike regering, het die publiek stemmig en in eerbied gedenk dienste bygewoon sonder die doel van politieke gewin.
Ek kan regtig nie verstaan hoe van ons reenboog nasie se mense, se koppe werk nie. Ek vra ook hoekom als aan die groot klok gehang moet word. Genade mense, rig n muur van herrineringe op vir die “Mammas/pappas, en strugle heroes dead spectators ens.” Die kerke en ander burgerlike organisasies kan dan soveel gedenk dienste daar gaan hou, as hulle so voel. Dit lyk asof die tiepe goed n nasionale sport geword het. Is dit dalk om die massas werkloses besig mee te hou?
Die gewone ouens wat werk het, steur hulle nie eers aan al die goed nie. Wie betaal vir alles? Ramaposa? Zuma? nee Mnr/Me. ek en jy. O Ja dalk moet van ons bevolking ook in die strate betoog, geboue afbrand, en oproerige politiese gedenkdienste hou vir al die boere wat elke dag vermoor word. Of moet ons n Ghandi op onself trek?

NEE ·

GOEIE aarde, dan moet ons ‘n HERDENKINGSDAG hou vir elke BOER wat ook vermoor word . dan sal ons heel jaar vakansie he?? Ek kan NIE verstaan van wanneer af is swartmense se lewens so baie werd dat daar gedenkdae gehou moet word vir sterftes WAARAAN HULLESELF AANDADIG was maar klein kindertjies, vrouens en mans wat wreed op plase vermoor, verkrag en vermink word se dood word as ‘n GRAP gesien en deur die regering ontken … MEESTE van hierdie tragedies is SELF OPGELEG terwyl plaasmoorde NIE SELF OPGELEG was nie, maar ons word gedreig as ons daaroor praat of optogte daaroor wil reel . BLANKES in SA Is nog vas aan die slaap .. ons word oral onderdruk en ondermyn en gedreig en ons bly maar die knie buig!!

Uvonka ·

Dit is nou ‘n bietjie tyd om die bealstingbetaler te gedenk en herdenk. Al die snert van die en daai gedenkdienste maak my naar!

Kannaland ·

So ook is daar geen gedenkdiens vir al die ander HONDERDE mense wat DAAGLIKS in die land vermoor word nie, of die DUISE$NDE wat DAAGLIKS sterf agv hospitaalwanbestuur en korrupsie in gesondheid nie.

Alida ·

As hulle mekaar doodtrap moet ons dit herdenk sodat hulle families beloon kan word met miljoene rande!!!! Wat ‘n siek land is dit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.