Geen ANC-kommentaar oor Mantashe se gewapende beskerming

Gwede Mantashe Foto: Werner Beukes/SAPA

Gwede Mantashe Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC wou nie Vrydag kommentaar lewer oor berigte dat Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, deur gewapende polisiebeamptes beskerm moes word tydens ʼn verkiesingsveldtog in Sterkspruit, in die Oos-Kaap nie.

“Ek was nie daar nie en ek het nog nie met hom gepraat nie,” het Jackson Mthembu, woordvoerder van die ANC, gesê. “Ek kan nie kommentaar lewer totdat ek met hom gepraat het nie. Indien ʼn persverklaring dan uitgereik moet word, sal ons dit doen.”

Die Dispatch Online het berig dat die veldtog Donderdag in Sterkspruit gewelddadig geraak het tydens Mantashe se besoek. Die koerant berig dat twee groepe, elk met ongeveer 400 mense, vir mekaar geskree en op mekaar gevloek het. “Julle is diewe, ons sal nie vir Nkandla stem nie,” het een persoon geskree. “Gwede gee nie vir ons om nie. Ons is nie sy skape nie,” het ʼn ander geskree.

Die Dispatch Online het nie verduidelik hoe dit gewelddadig geraak het nie.

Mantashe het aan die koerant gesê hy is opgewonde om in die gebied te wees. “Daar is nie ʼn vyandige groep nie. Ek was opgewonde dat ons die hele dorp kon besoek,” het hy gesê. “Ons het nie van hulle af weggehardloop nie, ons het versoek dat hulle ʼn afvaardiging stuur met wie ons kan praat. Hulle het dit nog nie gedoen nie.”

Mantashe sê as persone nie wil praat nie, maar ANC-programme wil ontwrig, dan werk hulle vir die opposisie. “Dit is soos iemand wat ʼn donkie agterstevoor ry. Dit lyk of hulle na ons [ANC] toe kom, maar hulle stap weg.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

alet ·

Waarvoor moet daar polisie beskerming wees vir hulle en die boere kan dit nie kry waarvoor is hy bang

Johng230 ·

Because here is a list of multiplayer games is that the leave was asked eekgeeebbeeb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.