Geen ANC-plan vir verpligte kwalifikasies in munisipaliteite

ANC-se-vlag-deur-ANA

(Argieffoto: ANA)

Ten spyte van die grootskaalse wanbestuur, korrupsie, onkunde en verval in veral ANC-beheerde munisipaliteite landwyd is daar geen plan in die ANC-regering om streng en verpligte formele kwalifikasievereistes vir munisipale amptenare te vestig of af te dwing nie.

Dit blyk uit ‘n antwoord deur die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, op ‘n parlementêre vraag deur die DA-LP Eleanore Bouw-Spies, ‘n voormalige burgemeester van die vergelykenderwys goed funksionerende stadsraad in Knysna.

Bouw-Spies wou by die minister weet of die regering dit sal oorweeg om ‘n formele opleidingskwalifikasie, geakkrediteer by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (SAQA), in te stel wat deur alle munisipale bestuursamptenare verwerf moet word alvorens hulle in sulke poste aangestel word, sodat die nodige kundigheidsvakke verseker kan word vir aanstellings, wat behoort te lei tot beter munisipaliteite, minder onkundige aanstellings en minder rampspoed.

Maar Dlamini-Zuma het in antwoord geen krediet gegee of oorweging geskenk aan Bouw-Spies se voorstel nie. Die minister het dus geensins verwys na ‘n verpligte en formele kwalifikasie vir munisipale bestuursamptenare nie.

Eerder het Dlamini-Zuma verwys na drie bestaande induksieprogramme – een om vir raadslede en amptenare bekend te stel aan hoe munisipaliteite in die algemeen werk, ʼn tweede oor die spesifieke munisipaliteit en ‘n derde oor die verskillende regeerportefeuljes in ‘n stadsraad.

Stadsraadslede en munisipale amptenare word wel volgens die minister aangemoedig om hulself verder te bekwaam, maar daar is geen verpligting of vereiste vaardigheidsvlak, en geen vereiste bestuursvaardigheid of rekord van bestuursukses nie.

Daar blyk trouens geen toets, begripsvereiste, bewese vaardigheidsvlak of enige meetbare uitset hoegenaamd aan die huidige prosesse gekoppel te wees nie. Dit word bloot bygewoon.

Boonop is die drie induksieprogramme waarna Dlamini-Zuma verwys het, die presiese drie wie se enigste meetbare gevolg die huidige gemors in veral ANC-beheerde stadsrade landwyd is.

Nietemin het Dlamini-Zuma se antwoord geen nuwe idees, verbeterings of selfs ‘n erkenning dat iets enorm fout is, bevat nie, en het sy die voorstel deur die DA se Bouw-Spies bloot geïgnoreer asof dit nooit gemaak is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Paul

Wat ons moet besef is dat die vernietiging van die infra-struktuur dit is wat 90% van die land se bevolking wil hê. Hulle wil hê riool moet die strate afvloei en riviere, damme en strande besoedel. Hulle wil hê strate moet gevul word met slaggate. Hulle verkies om hul rommel op strate en parke uit te gooi.
Dit is hul mentaliteit. Gaan tel die rommel op en more is die rommel hoop weer daar. Ek is bevrees daar is weinig wat die oorblywende 10% kan doen om die land op te hef.

Pampoen

Daar behoort definitief sulke kwalifikasies te wees sodat mense kundig is vir hulle werk, maar hoe leer mens vir iemand integriteit en verantwoordelikheid?

Johan

Die Regeringsdiens het uiteenlopende vereisters vir personeel wat bestuursposte wil beklee, maar dit geld net by departemente wat die voorskrifte volgens die letter van die wet en regulasies toepas. As jy nie inpas in die volgende vlak se denkrigtings nie, dan kan en sal jy nie bevorder word nie, al beskik jy oor meer ervaring as wat nodig is. Akademiese kwalifikasies is nie al wat nodig is om werk effektief gedoen te kry nie.

Grassie

Me Bouw-Spies is verkeerd, die mense moet sekere kwalifikasies hê. Hulle moet van our people wees, ANC-lede wees, “Kill a farmer, kill a Boer” en “One settler one bullet” uit volle bors kan sing. dan is hulle ten volle geskik vir die pos. Die res maak nie saak nie.

Mariana

Niks meer van haar verwag nie. Sy hoort nie daar in daai pos nie, sy het absoluut zero kwalifikasies vir dit.