Geen ander party kan SA lei nie, sê Zuma

Die ANC se Siyanqoba-verkiesingsveldtog op 31 Julie 2016 (Foto: @cmonama, Twitter)

Die ANC se Siyanqoba-verkiesingsveldtog op 31 Julie 2016 (Foto: @cmonama, Twitter)

Geen ander party buiten die ANC, is in staat om Suid-Afrika te lei nie, het pres. Jacob Zuma Sondag aan duisende ondersteuners in Johannesburg gesê.

Zuma het die ondersteuners toegespreek wat die 62 000-sitplek Fly Emirates-stadion gevul het vir die ANC se “Siyanqoba”-verkiesingsveldtog voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus. Zuma het die DA aangeval, wat die Wes-Kaap lei.

“Geen ander party kan hierdie land lei nie… nie eers ʼn wit party met ʼn paar handlangers nie. Die ANC moet Kaapstad terugwen en seker maak dat transformasie ook daardie deel wen. Kaapstad is ʼn verhaal van twee stede, waar die behoeftes van die rykes bó dié van die armes gestel word. Die ANC sal hard werk om Kaapstad te wen,” het hy gesê.

Volgens hom het Suid-Afrika oor die jare heen vir goed verander. Metropolitaanse munisipaliteite, soos Tshwane en Ekurhuleni, word doeltreffend onder die ANC bestuur, met Tshwane wat getransformeer is deur die strate te hernoem na die land se helde.

“Tshwane het baie goed gedoen om in jeugontwikkeling te belê. Dit is ʼn stad met gratis Wi-Fi, veral vir ons jeug en studente om hulle met mekaar en die wêreld te verbind,” het Zuma bygevoeg.

Die munisipale verkiesing vind Woensdag plaas en word beskryf as die land se hoogs betwiste verkiesing sedert 1994. Die ANC kom te staan teen sterk kompetisie van opposisiepartye soos die DA en die EFF vir ʼn aandeel in die land se munisipaliteite. Die twee grootste opposisiepartye se ondersteuning het toegeneem in Johannesburg, Pretoria en die Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Jef ·

S.A. staan aan die top van korrupsie, ellende,misdaad en die ekonomie is tot die laagste tot die laagste gedaal, die uitsigloosheid wat ek in die mense se oe lees, die ontevredenheid onder die bevolking.
Nee Pres. Zuma worry nie oor al die feite nie, die afbreek en afbrand van ons eens mooi S.A gaan maar net voort. ook na die verkiesing.

Kobus ·

Wat van die die NNNP? Dit lyk nogal reg, of hoe? (Nuwe Nasionale Nasionalistiese Party.)

Kobus ·

Wat van die NNNP? Dit lyk nogal reg, of hoe? (Nuwe Nasionale Nasionalistiese Party.)

Johan ·

Die uitlating van zuma het sopas die van der Merwe grappe vervang…!!!!

Joann ·

Shame zuma droom mooi drome,maar hy moet oppas vir nagmerries.

snoefie ·

dis verkiesing oor driedae. tot nou het geen politieke party my gender, gebel of gesms nie. void ander verkiesings was dit elke dag. sover ek weet was die vf+ nie eers in ons dorpe nie al het hulle n plaaslije kandidaat.

Sus ·

Die verkiesingsveldtog maak my siek! Politici lieg soos tannetrekkers nét om hulle hand in een of ander vet beursie te kry. Vir ons gewone mense voel hulle níks!

Tc ·

Die woorde politiek,apartheid en rassisme is vloekwoorde vir my!!!!

J.B. ·

Se my biekkie vir wie stem mens eintlik vir n beter toekoms wat ons boere insluit?

Sally ·

Ja Zuma jy is reg geen ander party kan die land lei met kurupsie ….jy het n graad behaal in kurupsie beleid, so jou leiding is damm goed en jy lei die massas aan die neus rond met jou uitlating. ANC is al 22 jaar aan bewind en julle vingers bly nie uit die till uit nie en die armers ly honger, die land val uitmekaar uit en die leierskap smile al die tyd bank toe met ons belasting geld….

kat ·

Ja Zuma is die enigste kurupte president met die guptas voor hom hy kan nie eers tel nie wat nog n land lei . Zuma is verantwoordelik vir hongersnood onder die swart mense hy is die pa van diefstal en hy is die oupa van korupsie

lynette ·

Die wit mense het hierdie land goed gelei en n alles was vooruitstrewend. ANC het die land afgebring na Rommel status wat vir ons wag. Dan se hy net die ANC kan land lei? In watter droomwereld leef die man? Hy het die stad vry WiFi en terroris name gegee. Haha, wat n prestasie!!!! Wat het hulle eintlik gedoen wat goed is? NIKS.

Jcwf ·

“Geen ander party kan lei nie”… Ons sal sien.

Ons sal sien of die kiesers -ook die swart kiesers- saam stem met jou, mnr. Zuma.

Klink daar ‘n bietjie twyfel in jou eie stem daaroor, mnr Zuma? Denk jy dat die veranderde name genoeg is om jou volk gelukkig te maak?

CC ·

As JZ vooruitgang meet aan die hand van ‘n paar wifi spots en straatname, laat dit mens net weer besef hoe geskoold hy is. Die skrif is lankal teen die muur!! Kyk net na die onlangse oudit van die groot metro’s waar Tshwane ,JHB en Ekhurhuleni die swaakste gevaar het in terme van dienslewering en die beste gevaar het itv korrupsie.
Gee hulle net genoeg tou ……en hopelik doen hulle die regte ding…..mits hulle touknope kan maak!!!

Marina ·

sjoe julle het goed gedoen hoor, straatname verander na SA HELDE?!? Ne? Gratis Wi-Fi wow! laat ek dink wat het julle nog gedoen om die land te verander … o ja, plaasmoorde, stakings, korrupsie …

apie ·

Ja nee woodhead daar is geen ander party wat suid afrika kan laat LY soos die anc nie

Jan maak n plan ·

Zuma kan homself nie eens lei nie nou wil hy n land lei – ja n land laat ly en dit nog in n drein ook af. Ek sê mos altyd die ANC top struktuur is net daar vir self verryking.

Klong ·

As jy kyk hoeveel mense hy dom maak met sulke snert,dan wonder Ek hoe kan jy hulle ly it die moeras

martie ·

Zumpie lewe in sy eie droom wereld gaan vat n koue stort en word wakker

martie ·

Zumpie lewe in sy eie droom wereld gaan vang n koue stort en word wakker

Foetie ·

Ek hoor dit is so koud nou die politici het hulle hande in hulle eie sakke.

Lida ·

As Jacob Zuma net wil ophou bollie praat sal mens se bloeddruk weer normaal wees. Hy maak mens woedend.

Theresa B ·

Ja Johan – Ek stem. Grootste ghaos as ooit in die land se geskiedenis – danksy ANC. Maar hulle tonnel-visie wys dat alles wonderlik is in ons land en almal floreer. Amazing dat almal so sukkel en swaarkry, maar steeds glo hulle die klomp snert wat hulle vertel word.

Jeanne ·

Net vreemd dat dieselfde mense wat 15 busse uitgebrand het en meer as ‘n dosyn skole aan die brand gesteek het, councillors se huise aan die brand gesteek het omdat hulle ongelukkig is oor dienslewering (deur die ANC beheerde munisipaliteite) STEEDS ANC stem, ek wed jou 99% van die wat klipgooi en brandsteek stem steeds ANC …

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.