Geen beserings ná brand by Pta-hospitaal

(Foto: Tshwane-nooddienste)

Sowat 20 pasiënte moes Donderdag na alternatiewe sale verskuif word nadat ʼn brand by die Life Eugene Marais-hospitaal uitgebreek het.

Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê ʼn kragopwekker het aan die brand geslaan wat veroorsaak het dat ʼn deel van die grondverdieping van die hospitaal met rook gevul is.

Nooddienste is omstreeks 17:50 na die toneel ontbied. “Die brand is geblus en slegs die kragopwekker het brandskade opgedoen.”

Volgens die hospitaalbestuur is die ander sowat 250 pasiënte nie deur die voorval geraak nie.

Die presiese oorsaak van die brand word ondersoek.

Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdiens, het vroeër gesê hulle het verskeie noodoproepe van mense oor die brand ontvang.

“Ons kon die rook by die hospitaal vanaf ons basis sien en het dadelik vyf ambulanse na die hospitaal toe ontbied.

“Van die pasiënte in sekere afdelings van die hospitaal moes verwyder word weens rook in die ventilasiestelsels. Altesaam vier werknemers moes vir die inaseming van rook behandel word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bolandse Nooi ·

Hmmmmmmm …….. ek wonder HOEKOM het die generator aan die brand geslaan? Inkompetensie en min/geen instandhouding of gereelde inspeksie? Die “lubrication” tussen die onderskeie onderdele gebrekkig? Oorlading van die generator se opwekkingskapasiteit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.