Geen beslissende uitspraak oor verhouding

Argieffoto

Argieffoto

Die Pretoriase hooggeregshof kon glo nie ʼn beslissende uitspraak lewer oor ʼn man wat ʼn dokter gedagvaar het na ʼn buite-egtelike verhouding met sy vrou nie, het The Star Dinsdag berig.

Regter KE Matojane het elke party beveel om hul eie regskoste te betaal. “Alhoewel ek begrip het vir die aanklaer se posisie, kan simpatie nie die rol van bewyse inneem nie,” het die regter gesê.

Die man het gesê hy het in 2011 vermoed sy vrou en die gesin se huisdokter is in ʼn verhouding en dat hulle mekaar ʼn paar keer by sy spreekkamer gesien het. Hy het die dokter vir R2.5 miljoen gedagvaar, maar die dokter het enige onbehoorlike gedrag ontken, ondanks die vrou se bewering dat hulle seks gehad het.

Die vrou, wat nog steeds met die man getroud is, is nie as ʼn getuie geroep nie. Die regter wou nie spekuleer waarom die man nie sy vrou wou laat getuig nie, maar sê hy kan nie haar getuienis oor die verhouding op hoorsê aanvaar nie.

Matojane sê die man se bewyse steun nie die bewerings nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Slim Daan ·

Se die dr. dieselfde ?? ( en sies vir jou oor die ” namedropping ” ) Gentlemen don’t tell.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.