Geen besluit oor kredietgradering gemaak nie

Die kredietgraderingsagentskap het nie Suid-Afrika se Baa3-gradering hersien nie. Die aankondiging is Vrydag verwag.

Dit beteken die land bly op beleggingsgraad met die vooruitsig vir die gradering stabiel totdat die volgende hersiening op 1 November plaasvind. Moody’s het eers om 02:00 Saterdagoggend aangekondig dat hy nie ʼn besluit gaan neem nie.

Die graderingsagentskappe Standard & Poor’s Global Ratings en Fitch Ratings het die land in 2017 tot rommelstatus afgegradeer.

ʼn Soortgelyke gradering deur Moody’s sou die Suid-Afrikaanse ekonomie, en pres. Cyril Ramaphosa se veldtog om beleggings van $100 miljard oor die volgende vyf jaar te bekom, swaar getref het

Dit is die tweede keer wat Moody’s nie die gradering hersien nie. Die maatskappy het nie redes verskaf vir sy besluit nie.

Die rand sal na verwagting effens versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Werner ·

N mens het nie n halwe ertjiepit vir n brein nodig om te weet dat ons eintlik maar rommelstatus is nie en glo my die buitelandse beleggers en media 24 weet dit ook want hoekom trek hulle hulle geld uit die land uit

Elize ·

Nou gaan beurtkrag seker weer begin. Die SAID werknemers gaan hul sin kry ens ens tot volgende gradering in November.

ne ·

Alles in die land is rommel! Van bo tot onder in die regering van die anc

Dries du Toit ·

Moody’s se geloofwaardigheid gaan in die slag bly

Judge Dredd ·

Moody’s is die mees liberaal van die kredietgraderingsagentskappe – hulle moet die ANC se mislukte beleide vir so lank as moontlik beskerm.

Andreas ·

So hulle hou ons nog vir so ‘n tyd aan die voete, kop ondertoe, oor die afgrond.

Swanna ·

Het seker ‘n back-hand ontvang om nie die besluit te neem nie .

Ander Koos ·

Beslis iets verkeerd, SA situasie slegter as tydens vorige gradering maar Moody’s impliseer dit is onveranderd ? Inderdaad verdag

Johan ·

Moody’s slaan weer sy eie geloofwaardigheid met n plank. Geen wonder hy is destyds beboet vir sy vals graderings nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.