Geen besluit oor kredietgradering skep groter onsekerheid

Moody's

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s. Foto: ANA

Die Demokratiese Alliansie het sy kommer uitgespreek oor die besluit deur die Moody’s-kredietgraderingsagentskap om nie enige aankondiging te maak oor Suid-Afrika se soewereine krediet-vooruitsig nie.

Ondanks die feit dat Moody’s aangedui het dat hy teen die einde van Maart 2019 sy posisie sal opdateer, het die kredietgraderingsagentskap dit nie gedoen nie, het DA-woordvoerder Alf Lees gesê.

“Moody’s het nie enige verduideliking gegee waarom hy nie ʼn besluit gemaak het nie. Daar moet minstens ʼn verklaring gewees het, gebaseer op navorsing, waarom die kredietgradering onveranderd bly op Baa3. Moody’s se versuim om ʼn besluit te neem, verhoog die onsekerheid in die beleggersmark. Alhoewel die volgende aankondiging vir 1 November 2019 geskeduleer is, kan dit enige tyd gemaak word.”

Lees het gesê dit laat talle vrae ontstaan. “Waarom het Moody’s op dié vertraging besluit om nie enigiets aan te kondig voor die algemene verkiesing op 8 Mei nie, gegewe die bedreiging wat die ANC se energiekrisis vir die ekonomie inhou?” Hy het gesê die DA is veral besorg dat beleggers nog steeds onseker is oor Suid-Afrika se status. “Met ʼn yslike werkloosheidskrisis in die land, moet sekerheid gebied word aan voornemende beleggers.”

Die DA sal Moody’s skriftelik versoek om ʼn verduideliking te bied waarom geen aankondiging oor Suid-Afrika se kredietgradering gemaak is nie met ʼn duidelike aanduiding wanneer die volgende aankondiging gemaak sal word. “Sonder hierdie duidelikheid, sal internasionale en plaaslike beleggers ongetwyfeld versigtig bly, indien nie gekant teen belegging in Suid-Afrika nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jerry

Geen verduideliking deur Moodys mag dalk net dui op politieke inmenging wat sal beteken dat Moodys dan ook geloofwaardigheid gaan inboet as onafhanklik van ANC gunste en beloftes.

Andreas

Ek sal werklik nie omgee as die onderskeie partye of hul leier ‘n slag wil voor loop nie, maar so 99% volg hulle hul volgelinge se reaksie op berigte in die media en die kommentare daarop. Nou nie dat die DA ‘my’ party is nie.

(So terloops, ek sien uitslae met ‘n wyk se tussenverkiesing die week in Krugersdorp en sien die DA het redelik steun aan die FV+ verloor. Die vet is in die vuur.)

Johanna Botha

Niemand wil iets doen agv al die onsekerheid in die land oor alles …so verval alles net verder en word daar geen werk geskep nie !

Andreas

‘n Kommentator skryf die week onder aan ‘n artikel: “My wens is ‘n kundige wil ‘n reeks artikels skryf oor hoe sake in ander Afrikalande staan en hoe SA daarmee vergelyk. SA kan allermins met die VSA of Europa vergelyk word. Ons was nooit meer as ‘n kunsmatige Westerse enklave in Afrika nie en ons is dit lankal nie meer nie. Skrywers van artikels, rubrieke en kommentare is baie lief om pres. Trump te vergelyk met die een of ander “leier” in SA, spesifiek om Trump te kritiseer. In die eerste plek maak dit ons leiers die maatstaf van “vrotheid”,… Lees meer »

? leser

waarom wil jul moodys dwing om ‘n gradering te maak, kry mens ‘n gradering laer as rommel status?.