Geen besluit oor kredietgradering skep groter onsekerheid

Moody's

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s. Foto: ANA

Die Demokratiese Alliansie het sy kommer uitgespreek oor die besluit deur die Moody’s-kredietgraderingsagentskap om nie enige aankondiging te maak oor Suid-Afrika se soewereine krediet-vooruitsig nie.

Ondanks die feit dat Moody’s aangedui het dat hy teen die einde van Maart 2019 sy posisie sal opdateer, het die kredietgraderingsagentskap dit nie gedoen nie, het DA-woordvoerder Alf Lees gesê.

“Moody’s het nie enige verduideliking gegee waarom hy nie ʼn besluit gemaak het nie. Daar moet minstens ʼn verklaring gewees het, gebaseer op navorsing, waarom die kredietgradering onveranderd bly op Baa3. Moody’s se versuim om ʼn besluit te neem, verhoog die onsekerheid in die beleggersmark. Alhoewel die volgende aankondiging vir 1 November 2019 geskeduleer is, kan dit enige tyd gemaak word.”

Lees het gesê dit laat talle vrae ontstaan. “Waarom het Moody’s op dié vertraging besluit om nie enigiets aan te kondig voor die algemene verkiesing op 8 Mei nie, gegewe die bedreiging wat die ANC se energiekrisis vir die ekonomie inhou?” Hy het gesê die DA is veral besorg dat beleggers nog steeds onseker is oor Suid-Afrika se status. “Met ʼn yslike werkloosheidskrisis in die land, moet sekerheid gebied word aan voornemende beleggers.”

Die DA sal Moody’s skriftelik versoek om ʼn verduideliking te bied waarom geen aankondiging oor Suid-Afrika se kredietgradering gemaak is nie met ʼn duidelike aanduiding wanneer die volgende aankondiging gemaak sal word. “Sonder hierdie duidelikheid, sal internasionale en plaaslike beleggers ongetwyfeld versigtig bly, indien nie gekant teen belegging in Suid-Afrika nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jerry ·

Geen verduideliking deur Moodys mag dalk net dui op politieke inmenging wat sal beteken dat Moodys dan ook geloofwaardigheid gaan inboet as onafhanklik van ANC gunste en beloftes.

Andreas ·

Ek sal werklik nie omgee as die onderskeie partye of hul leier ‘n slag wil voor loop nie, maar so 99% volg hulle hul volgelinge se reaksie op berigte in die media en die kommentare daarop. Nou nie dat die DA ‘my’ party is nie.

(So terloops, ek sien uitslae met ‘n wyk se tussenverkiesing die week in Krugersdorp en sien die DA het redelik steun aan die FV+ verloor. Die vet is in die vuur.)

Johan ·

So die VF+ mag dalk groei van n bitter klein party na n baie klein party :-)

Andreas ·

As ek reg het was dit hier by die 13%, maar as mens so negatief soos jy is, dan stem mens liewer BLF.

Johanna Botha ·

Niemand wil iets doen agv al die onsekerheid in die land oor alles …so verval alles net verder en word daar geen werk geskep nie !

Andreas ·

‘n Kommentator skryf die week onder aan ‘n artikel:
“My wens is ‘n kundige wil ‘n reeks artikels skryf oor hoe sake in ander Afrikalande staan en hoe SA daarmee vergelyk. SA kan allermins met die VSA of Europa vergelyk word. Ons was nooit meer as ‘n kunsmatige Westerse enklave in Afrika nie en ons is dit lankal nie meer nie. Skrywers van artikels, rubrieke en kommentare is baie lief om pres. Trump te vergelyk met die een of ander “leier” in SA, spesifiek om Trump te kritiseer. In die eerste plek maak dit ons leiers die maatstaf van “vrotheid”, wat onregverdig is. Dis tog voor die hand liggend dat ons huidige SA leiers met ander Afrikaleiers vergelyk moet word.”

Met hierdie siening wil ek nogal baie verskil, in teorie is daar nie fout te vind nie, maar wat SA aan betref het die ANC se topstruktuur vir der jare in die buiteland gewoon, Europa, Engeland, Rusland en het hulle ook daar studeer. Dus was hulle goed blootgestel aan die Westerse en Russiese maniere van doen. (Noem dit ‘n mengelmoes waaruit hulle uit die verskeidenheid kon leer.)Toe hulle die land hier oorgeneem het, moes hulle tog sekerlik geen probleem gehad het om by die ekonomiese opset in te skakel nie, vergeet nou maar van die Afrika-opset. Wat wel gebeur het, is dat die ANC regering het gaandeweg al meer soos Afrika geraak en al minder soos die Westerse waardes en tegnologie wat die vorige regering hier gevestig het.

Andreas ·

Mens kan ook byvoeg, kyk hoe boer die ANC regering vandat hulle aan die bewind is oorsee, of dit nou vir konferensies is al dan nie, daar is geen verskoning dat hul nie kundig is om ‘n diverse land soos SA met al sy kulture en streke te besuur nie. En dan vat hulle elke keer ‘n kollosale gevolg saam, dit laat mens vra, wat doen hulle dan daar anderkant?

Felix ·

Geen wonder ons word nou ook in Afrika gemeet teen ons bure se prestasies nie, terwyl ons eens die voorste ekonomie op die vasteland was. Selfs Julius wat aanvanklik toetentaal buite weste en uit sy diepte as partyleier was, blom nou en het soveel selfvertroue om in die huidige opset hom te laat geld.

? leser ·

waarom wil jul moodys dwing om ‘n gradering te maak, kry mens ‘n gradering laer as rommel status?.

Buiteperd ·

Lyk my die DA eil graag vir Zuma terug hê as prez. Wonder hoekom?

Felix ·

O ek het ‘n perd ‘n binneperd met ‘n splinternuwe saal; en ek klim op my perd, my blinkvosperd, en ek kom om jou te haal. Want jy’t gesê as ek jou wil hê …

Grassie ·

Ek dink Moody’s is lus om ons af te gradeer maar hulle wil net eers sien wat in die verkiesing gebeur.

Andreas ·

Ek dink aan ‘n mooi liedjie wat ek dalk later sal speel ….

Johan ·

Moody’s waarskynlik omgekoop. Hul juis al van tevore beboet vir valse graderings

Stripes ·

Ek het nog altyd gedink dat die ideee van die gradering is om ‘n eerlike mening/opinie te gee van die situasie, ongeag. Nou lyk dit vir my dat Moody’s deur die anc gekaap is om te wag tot na die verkiesing om te sê in watter swak situasie die land is in ‘n poging om diegene wat die anc blindelings volg omdat hulle nie van beter weet nie, te laat dink die anc is wonderlik om meer stemme te kry. So in werklikheid beteken moody’s se gradering ook net mooi niks want dit is nie objektief nie.

Hennie ·

En do gooi Moody’s sy kredietwaardigheid by die voordeur uit! Tien teen een omgekoop deur Motsepe en Kie!

Jan Alleman ·

Niemand dink eers aan die moontlikheid dat Moody’s ‘n lek opgetel het nie. So lek kan reuse nagevolge hê vir graduering agentskap pê as die SECURITIES AND EXCHANGE COMMISSION in die VSA dit optel. Wat is die maklikste oplossing as jy so lek in jou agentskap optel? Geen graduering kennisgewing. Bly bloot net stil.

INSIDER TRADING kan ‘n instelling soos Moody’s sink.

As mens die rand dopgehou het voor die 11nm spertyd, dan is dit duidelik iets was fout…. Daai skielike versterkings? Verdag op die beste.

Moody’s het heel moontlik ‘n lek…. En niemand in die media tel dit op nie.

Wielspore ·

Dit wil voorkom of daar lesers is wat wil sien dat ons land ondergaan maar besef nie die implikasies van ondergang.

Judge Dredd ·

Die land gaan ondergaan of jy nou daarvan hou of nie. Die vraag is net wanneer.
Ek sal verkies dat dit sal wees terwyl ek nog die vermoe het om terug te baklei.

Adri ·

Sou ons met SA besigheid gedoen het as ons sakemanne oorsee was. Wat Moody’s ookal sê het min van ons vertroue in ons eie land. Hou in gedagte dat ons Rand in die sestigs sterker as die VSA $ was. Dit spreek boekdele.

Johan Green ·

Wie wil in SA bele met sulke wetteloosheid, stakings, afbrand van skole, vragmotors en plunder van winkels? Die Staatspresident en sy regering het nog nie een keer die land se mense vermaan tot ordelikheid nie . As jy hulle nie eens kan gradeer op integriteit nie, is die res onmoontlik en die kenmerke van die woord ‘honourable’ is nerens te speur nie. Johanna se niemand wil iets doen oor al die onsekerheid in die land nie. Die probleem is dat die enigste EEN wat dit KAN doen, het die grootste deel van SA se bevolking hulle rug op gedraai. Niemand ken Hom in die saak nie en min vra. Ek is baie opgewonde. SA se mense gaan binnekort begin bid soos nog nooit in die geskiedenis nie. Selfs hulle wat nie in gebed glo nie.

Johan Green ·

Wie wil in SA bele met sulke wetteloosheid, stakings, afbrand van skole, vragmotors en plunder van winkels? Die Staatspresident en sy regering het nog nie een keer die land se mense vermaan tot ordelikheid nie . As jy hulle nie eens kan gradeer op integriteit nie, is die res onmoontlik en die kenmerke van die woord ‘honourable’ is nerens te bespeur nie. Johanna se niemand wil iets doen oor al die onsekerheid in die land nie. Die probleem is dat die enigste EEN wat dit KAN doen, het die grootste deel van SA se bevolking, hulle rug op gedraai. Niemand ken Hom in die saak nie en min vra. Ek is baie opgewonde. SA se mense gaan binnekort begin bid soos nog nooit in die geskiedenis nie. Selfs hulle wat nie in gebed glo nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.