Geen bestellings vir nuwe Covid-entstof

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy besoek in Maart verlede jaar aan Aspen se fasiliteit in die Oos-Kaap. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die farmaseutiese reus Aspen het Dinsdag gesê dat hy nog geen bestellings vir sy nuwe Covid-19-entstof ontvang het wat deels op tuisbodem vervaardig is nie.

Aspen se hoofkantoor is in Durban geleë. Die groep het verlede jaar ’n ooreenkoms met die VSA-gebaseerde maatskappy Johnson & Johnson aangegaan om die entstof vir pasiënte in Suid-Afrika en Afrika te vervaardig. Die ooreenkoms is in Maart gefinaliseer en proewe vir dié entstof, Aspenovax, duur sedert Januarie vanjaar.

Aspen het egter nog geen bestellings vir sy entstof gekry nie, al is Afrika die kontinent met die minste ingeëntes (16% van die bevolking).

“As ons geen Covid-19-entstofbestellings kry nie, sal daar duidelik geen rede wees om met die vervaardiging daarvan voort te gaan nie,” het Stavros Nicolau, senior uitvoerende hoof vir strategiese handelsontwikkeling, in ’n e-pos aan AFP gesê.

Die maatskappy sê hy is aanvanklik “verseker dat die streekvervaardigingsplatform van kernbelang is en ondersteun sal word”.

“Ons het op hierdie aanvanklike hoeveelhede staatgemaak om ons die tyd te gun om na ander entstowwe te keer.

“Die werklikheid is indien Aspen nie bestellings kan bekom en ’n produksiestroom vestig nie, watter hoop is daar vir ander en hoekom sal enigiemand verder in die vasteland belê? Die behoefte aan streekvervaardiging sal net ’n politieke bonus bly wat geen werklike waarde het nie.”

Luidens statistieke van die Afrika- sentrums vir siektebeheer en -voorkoming is net 15,8% van die Afrika-bevolking ingeënt, terwyl daar ’n oorvloed entstofdosisse beskikbaar is.

Afrika sukkel om sy mense teen die virus te immuniseer, deels weens wydverspreide entstofhuiwerigheid.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

KatjieDeKat ·

Wydverspreide entstofhuiwerigheid = wysheid. Hou maar julle gif, dankie maar nee dankie.

annie ·

… en Pfizer Is nou ook in die Kaapse aan botteltjies rol… Is daar mense wat nou bid dat die virus wil muteer om geld te maak? Of ons van die vieslike masker ontslae sal kan raak is al klaar ‘n goeie vraag want dit word reeds op groot skaal hier vervaardig deur onse ‘werkskeppers’. Dalk sal die cannabisbedryf die gedagtes afwentel na ander afdwingbare wetgewing.

Carin ·

Ek sou verkies dat Pfizer met hul mRNA die trekpas kry. Entstofhuiwerigheid kom van “Datavrystellinghuiwerigheid”, wie kan nou ‘n ou vertrou wat nie heeltemal oop kaarte wil speel nie?

Nommer 7 ·

Die gewone verkoue virus is al sedert 1750 met ons, en het homself nog nie uitgewoed nie. Hoe gaan die covid virus homself uitwoed?

De Villiers ·

Dit is seker lelik, maar ek hoop hulle verloor miljoene as gevolg van dit!

Witbaard ·

Ongelukkig is dit ons belastinggeld wat weereens vermors is.

Danie ·

Ja en daar word almal nou weer gedwing om die entstof te- ontvang

VaalDonkie ·

Waarom sou dit nodig wees om die hele Afrika in te spuit as dit duidelik nie nodig is nie? Daar bo in Uganda waar jy dink hulle op ‘n streep moet doodgaan, is die hospitale leeg. En daar is geen massa-grafte nie. Afrika gaan oukei wees. Ons moet eerder dankbaar wees.

Johann ·

Welkom in Afrika. Nog meer welkom in die RSA. Het julle al die ANC PARTNERSHIP PAYMENT gedoen? Maw is daar al n paar boxe geld afgelewer by die bankrot ANC? Vir die meds self….wel die Afrikaan het n oorweldigende vermoe om wat hy WIL hê voor bakhand te staan of eenvoudig te vat.

Anel ·

Hoe lekker lag ek nou. Groot gejuig oor selfvervaardiging en niemand stel belang nie! Wat sê dit vir ons?…

Papsak ·

Ja hou verby met julle gif en niemand moet meer ent nie die virus sal self stop hou op geld maak en ander dwing om entstof te koop

Saartjievandiebosveld ·

Ons was so 2 weke terug in Mosambiek gewees. Ons moes net negatief vir Covid toets…met die inenting of geen inenting. Maskers en inenting is in Mosambiek ‘n keuse. Niemand gebruik saniteering en doen ook nie die 1 meter afstand nie. Ek het met verskillende mense gesels…hulle sê daar is feitlik geen covid nie. Die lewe gaan daar normaal aan….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.