Geen betaling vir dié wat aan Cosatu-staking deelneem

(Foto: COSATU Today/Twitter)

Die departement van staatsdiens en administrasie sê alle regeringsdienste sal Woensdag ononderbroke voortgaan ten spyte van die vakbond Cosatu se landwye staking.

Yoliswa Makhasi, direkteur-generaal van die departement, het werknemers wat aan vandag se protesaksie deelneem daaraan herinner dat die beginsel van “geen werk, geen betaling” streng toegepas sal word en ʼn omsendbrief in dié verband is aan alle nasionale en provinsiale regeringsdepartemente uitgereik.

“Dit sluit in dat die regering geen bydraes sal lewer rakende behuising, mediese fonds, pensioenfonds en alle ander toelaes, vir enige werknemer wat nie by die werk is nie.

“Die beginsel is van toepassing op die afwesigheid van ʼn volle dag sowel as ʼn deel van ʼn werksdag. Daarbenewens sal verlof streng bestuur word en verlof sal nie toegestaan ​​word nie tensy dit onder ekstreme en dwingende situasies is,” sê Makhasi.

Cosatu hou vandag ’n landwye staking uit protes teen korrupsie, die uitbuiting van werkers, geslagsgebaseerde geweld, kollektiewe bedinging en ander sosio-ekonomiese kwessies. Die vakbond het vroeër ’n beroep op werkers van alle sektore gedoen om aan die staking deel te neem en nie vandag werk toe te gaan nie.

Maroela Media het vroeër berig die protesaksie vorm deel van die vakbond se mobiliseringsaksie om druk op die regering te plaas om teen politieke korrupsie op te tree. Die vakbond is ook ongelukkig oor staatsamptenare se salarisse wat nie vanjaar verhoog word nie.

Volgens Makhasi is die regering daartoe verbind om die produktiwiteit in die staatsdiens te verbeter, terwyl hy die stryd teen armoede, werkloosheid en verbeterde dienslewering prioritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Die linkse vakbonde is totaal uit voeling met werkliheid en frustreer net die wit waks uit diegene wat ekonomie verstaan, besef ekonomie is platgeslaan en wil net oorleef. Optogte?!! Om wat te bereik? Dis NIE meer 1917!!! Staatsamptenaarverhogings????Verminder getalle liewer met 40% behalwe onderwysers, verpleegsters en Polisie.

Baardman ·

Dan staak hulle weer omdat hulle nie geld kry nie en dan gee die patetiese regering weer in

My siening ·

Cele waars hulle maskers ooo nee hulle is bo die wet soos groot hoed!

Jakes ·

Asb, geen salarisverhogings vir staatsamptenare nie. Hulle verdien reeds teveel vir die werk wat hulle doen. Cosatu moet liewer volgende keer nie weer vir die ANC stem nie.

Cherokee ·

Hulle staak oor onwettighede deur onwettighede te pleeg soos padversperrings op te rig. Ek moes op die M4 tussen Bluff en Durban vandag saam met ‘n hele konvooi voertuie in trurat ry op ‘n eenrigting (aansluitings)pad, terug na die Bluff vanwaar ons deur die hawe na Durban moes ry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.