Geen betaling vir onderwysers, eksaminators in KZN

skool

Argieffoto

Administratiewe probleme is glo die rede hoekom verskeie graad R-onderwysers in KwaZulu-Natal nie ʼn gedeelte van hul beloofde salarisverhogings ontvang het nie, het Muzi Mahlambi, woordvoerder van die onderwysdepartement, Woensdagoggend gesê.

“Die departement het nie doelbewus versuim om die onderwysers te betaal nie. Ons is daartoe verbind om ons belofte aan hulle na te kom,” het sy gesê.

Nomarashiya Caluza, die provinsiale sekretaris vir die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysvakbond, het Maandagoggend gesê die departement het beloof om graad R-onderwysers ʼn salaris van R5 500 per maand vanaf April 2015 te betaal. Onderwysers het dié verhoging nooit ontvang nie.

Caluza het gesê dr. Nkosinathi ‎Sishi, hoof van die provinsiale onderwysdepartement, het vroeër vandeesmaand gesê dat onderwysers ʼn gedeelte van hulle verhoging (R1 500) teen Oukersaand vanjaar sou ontvang. Dit het ook nie gerealiseer nie.

“Die KwaZulu-Natalse onderwysdepartement is ʼn swak werkgewer. Die graad R-onderwysers is ʼn belangrike segment in die onderwysstelsel. Hulle is nie oppassers nie,” het Caluza gesê.

Sy sê die vakbond het die kleiner bedrag aanvaar omdat hulle verstaan het dat daar verskeie begrotingsbeperkings is, maar selfs ná die departement grasie gegee is, het hulle steeds nie uitbetaal nie.

Intussen het Mahlambi gesê die departement het hul bes probeer om die probleem voor Kersfees uit te stryk, maar dat die poging onsuksesvol was. Sy het ook administratiewe probleme as rede aangevoer waarom 500 matriekvraestel-eksaminators nog nie betaling ontvang het nie.

Caluza het ook ander probleme uitgewys, onder meer die aanstelling van twee regsdirekteure vir die onderwysdepartement terwyl daar slegs een pos beskikbaar was.

Sy het gesê indien daar nie aandag aan die situasie gegee word nie, en die eksaminators en die onderwysers nie hulle betaling ontvang nie, gaan die vakbond by die Internasionale Konferensiesentrum in Durban betoog wanneer die matriekuitslae op 6 Januarie bekendgemaak gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frederik ·

Die land was seker op ‘n stadium mooi. Nou’s nog net die Kaap mooi.

Berhalet Beukes ·

Spaar ons almal die flou verskonings! Daar is nooit “administratiewe foute” as dit by bonusse kom nie! Betaal die mense hulle geld soos dit hulle toekom!

T ·

Nou vra ek maar net, as daar nou gekla word oor salarise wat nie uit betaal nie, waarheen moet ek gaan om n klagte te maak? My seun het blok na blok by die college gepluk. Eerste blok kan ek nog verstaan het, 2de blok het al die lektors my verseker sy toetse se punte was baie goed, ( toetse van alle studente word deur gestuur Pretoria toe om weer gemerk te word ) met die begin van die volgende blok toe trek almal skouers op want my seun se toetse het spoorloos verdwyn in Pretoria. Vir n derde keer betaal ek maar weereens en skryf hom weer in, weereens word ek verseker sy punte was uitstekend en moes daarna hoor dat die college n groep studente neem en punte by sit of weg neem. My seun skryf ek nou Jan in vir die 4de keur, wat gaan ek na die blok hoor? Sy van was nie reg nie? Ek as ma is moedeloos verby en my seun ook. Enige raad?

alex ·

Ek dink nie Muzi praat die waarheid nie!! Die drang en roep na KFC en Nando’s was te sterk om lekker te eet deur die administratiewe personeel. (Jokers)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.