Geen betalings nodig vir aansoeke, sê SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het die publiek gewaarsku teen korrupsie wat met hul huidige werwingsveldtog verband hou.

Die polisie in Gauteng het Saterdag gesê hy neem met kommer kennis van korrupsie wat kop uitgesteek het in die provinsie tydens die polisiediens se nasionale werwingsveldtog wat tans aan die gang is.

ʼn 39-jarige konstabel van Florida is Maandag in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie en bedrog nadat hy aansoekvorms aan voornemende studente verkoop het teen R3 000 per aansoek, het Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, Saterdag in ʼn verklaring gesê.

“Die polisie se teenkorrupsie-eenheid het twee dae later ʼn 25-jarige man van Freedom Park, Soweto, in hegtenis geneem toe die bestuurspan by die provinsiale hoofkantoor te hore gekom het van ʼn aansoeker wat na die SAPD se kantoor gekom het en vrywillig aangebied het om R3 000 te betaal om op die lys van suksesvolle aansoekers te beland,” het Peters bygevoeg.

Genl.maj. Patricia Rampota, adjunk- provinsiale polisiekommissaris, het die korrupsie veroordeel. “Een van die kwaliteite wat ons van voornemende studente vereis is integriteit. Net so vasbeslote as wat ons is om korrupte elemente binne ons geledere uit te roei, net so sal ons nie toelaat dat enigiemand op ʼn korrupte manier binne die SAPD aangestel word nie,” het sy gesê.

Peters het bygevoeg die SAPD wil ook alle voornemende studente daaraan herinner dat die sluitingsdatum vir aansoeke tot 31 Oktober 2019 uitgestel is. Geen betaling word in enige stadium van die aansoekproses vereis nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christa

As die parlementslede so korrup is Kan ons nie verbaas wees as polisie net so is nie.

skurweberg

Die skelms is desperaad. Hulle kry nie werk nie. Wie kan sonder n inkomste voortbestaan? Die politieke ramp wat SA getref het gaan nog dekades aanhou. Ons sal maar hierdie middelmatigheid moet aanvaar. Die SAPD se hulle is bekommerd oor hierdie saak. Ek glo julle nie meer nie, soos miljoene ander inwoners in die land.

Johnny

Ek gee moed op wa vra ek is daar nie in staad insellings geen korrupsie nie

Alida

Die mense is desperaat maar waar kry hulle R3000 om weg te gee. Dit kan 2 maande se kos koop

Scalla

Dit is blykbaar net n administrasie fooi wat die een vra vir voltooiing van vorm aangesien die aansoeker nie kan lees en skryf nie!!!