Geen beurtkrag die naweek verwag

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Eskom het aangekondig dat geen beurtkrag oor die naweek verwag word nie weens ʼn laer vraag na elektrisiteit en die verbetering van die beskikbare opwekkingskapasiteit.

Volgens Eskom bly die kragnetwerk egter steeds onder druk en kan beurtkrag weer op kort kennisgewing ingestel word indien daar enige verdere onbeplande onderbrekings is.

Onbeplande onderbrekings staan tans op 8 947 MW en 6 620 MW vir beplande instandhouding. “Eskom-spanne werk onverpoos om soveel moontlik opwekkingseenhede weer in gebruik te kry.”

Nadat ʼn vervoerband vir steenkool na die Medupi-kragsentrale Woensdagaand die gees gegee het, het Eskom gewaarsku beurtkrag kan moontlik op kort kennisgewing in werking gestel word.

Dié band is sedertdien herstel en kan weer gebruik word, wat Eskom se vermoë om krag op te wek beduidend verbeter het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cherokee ·

Geen beurtkrag die naweek verwag…. ag nee.. net wanneer ons gewoond geraak het daaraan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.