Geen beurtkrag dié naweek verwag

(Argieffoto: Severin D./Unsplash)

Geen beurtkrag word vir Saterdag beplan nie en Eskom sê hy verwag nie dat dit dié naweek enigsins nodig gaan wees om die stelsel in werking te stel nie.

“Sommige opwekkingseenhede gaan na verwagting vroeg volgende week weer in diens gestel word, wat die vooruitsig vir die komende week verder verbeter.”

Teen Vrydag 18:40 was onbeplande instandhoudingswerk op 10 760MW en beplande instandhoudingswerk op 5 432MW.

Eskom het verbruikers gevra om elektrisiteit steeds spaarsaam te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Scalla

Met die prestasie vir die naweek is daar seker bonusse oppad!!!

Strandloper

Nou toe nou! So bly hul begin stadig maar seeker die beginsel van instandhouding bemeester

Cherokee

Geen beurtkrag? Net wanneer mens gewoond raak daaraan word dit weer weggeneem.

Johan Venter

En natuurlik moet ons nou vir Julius bedank, kyk hy het gister met die EFF se optog en magsvertoon by Eskom se hoofkantoor PRESIES vir André De Ruyter vertel wat hy moet doen om Eskom weer winsgewend te maak, ook het hy hom toestemming gegee en vertel watter mense wie nie betaal nie se krag afgesit moet word.

Daar het ons dit …. uit die mond van die Commander in Chief en hoofingenieur (Master Degree in Electrical Enginnering) van die land.

Michael

Die krag word gereeld voor ons neuse gehou soos n wortel voor n donkie,ons betaal belasting en kragrekeninge dit is ons reg om krag te hê dit is net n voorreg in n piesang republiek, as ek n joernalis was sou die opskrif soos volg gelees het ” weens n onbevoegde regering wat nie sy mandaat nakom teenoor sy mense sal daar miskien krag beskikbaar wees hierdie naweek “