Geen beurtkrag dié winter, sê Eskom

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrikaners sal nie dié winter onder beurtkrag gebuk gaan nie, het Eskom se hoof gesê.

Brian Molefe het aan LP’s van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê Eskom se instandhoudingsprogram is goed op dreef om te verseker dat daar genoeg kapasiteit is vir die winter.

“Ons sal voortgaan met ons streng program vir beplande instandhouding sonder beurtkrag,” het Molefe gesê en bygevoeg dat daar meer as 200 dae laas beurtkrag toegepas is. “In die winter sal daar egter minder instandhouding wees as wat nou gedoen word.”

Molefe het gesê die kragvoorsiener het vordering gemaak rakende die vraag na elektrisiteit in spitstye, met ’n gemiddeld van 74% van geïnstalleerde kapasiteit wat elke dag beskikbaar is. “Dit beteken egter nie dinge kan nie skeefloop nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pietman ·

Ongelukkig is ons geheue maar kort. Enigiets anders as Escom se beloftes is meer waarskynlik. Interessant , let op na die heel laaste sin- los die deur wawyd oop.

Ben (:-) ·

Is ons dan veronderstel om beurtkrag te he ? Klink of hulle ons `n meuse guns doen.

m ·

Ja sure tot die winter hier is dan is dit weer ander stories…… Ons val niemeer vir die grappe nie. Maar as dit so gaan wees sal ek nie kla nie, heirdie beurtkrag is darem baie irreterend.

Chris W ·

Ons sit kort kort sonder krag in elkgeval hier op die plaas.Laasnag weer 2 en 1/2 uur kerse gebrand sonder dat ‘n rede of vooraf waarskuwing gegee is so wat nou?Ons is al keelvol vir eksdom.Alternatiewe krag is al vooruitsig vir ons.

Chris W ·

Ons sit kort kort sonder krag in elkgeval hier op die plaas.Laasnag weer 2 en 1/2 uur kerse gebrand sonder dat ‘n rede of vooraf waarskuwing gegee is so wat nou?Ons is al keelvol vir eksdom.Alternatiewe krag is al oplossing vir ons.

CVS ·

Geen positiewe kommentaar.!!!….Ek gaan positief wees en glo Evkom gaan hul woord hou.! Vir my baie hartseer dat ons mense so negatief is…!!!

Rudi ·

CVS. Ek het vir Eskom gewerk toe hul begin transformeers het. Dis n misdaad teen die mensdom wat daar aangaan. In hul eie jaarsverslae:
In 2005 het hul 256 000gigawatth verkoop en opgewek teen 16c per kwh. In 2015 het hul minder krag verkoop 216 000gigawatth en dit het hul 60c per kwh gekos. Dus het hul 400% duurder geword om minder op te wek!

Meraai ·

“Serieaaas!” Hoekom is daar dan nou al kragwaarskuwings op TV ? Die winter is nog nie eens mooi op dreef nie! Rudi, ek onthou ook dat Eskom een van dié instansies was om voor te werk, omdat hulle so vooruitstrewend was. Dinge het aansienlik verander…..

jaco ·

By koeberg kernkragstasie het iemand van Eskom so 2 jaar terug bloot per ongeluk n verkeerde knoppie gedruk en toe was die helfte van Kaapstad sonder krag. As dit so maklik was, wat is die kans vir nog ‘n blote verkeerde knoppie wat kan lei tot nuclear meltdown? As wit mense wat op meriete en goeie kwalifikasies nie eens nuclear meltdown by Chernobyl kon keer nie, dink dan net watse skade kan affirmative action appointed werkers van Koeberg aanrig…

Wat-ek-lees ·

Danksy die afname van produksie waar elektrisiteit gebruik word gaan dit ook nou beter met kraglewering. Wag tot ons binnekort rommelstatus bereik dan sal ons sien . . .

MARLENE ·

wel nou wonder ek wat is die etlike storie agter die storie want ons krag was laas en vrydag vir 3ure af en nou weer dinsdag aand vir 2ure ., en dit net toe ek 7de laan nog kyk,. en dit kan my die m in maak veral as dit 7de ln bederf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.