Geen beurtkrag Maandag verwag

(Foto: pixabay)

Eskom sê vier van sy opwekkingseenhede behoort Maandag weer in diens gestel te word en geen beurtkrag word in dié stadium vir die begin van die werksweek verwag nie.

Die kragverskaffer het Sondagaand gesê hy kon oor die naweek ook genoeg noodreserwes opbou.

“Nietemin bly die opwekkingsnetwerk onvoorspelbaar en onbetroubaar en die moontlikheid bestaan dat beurtkrag op kort kennisgewing ingestel kan word, sou daar groot veranderinge in die stelsel plaasvind.”

Teen Sondag 15:40 was onbeplande instandhoudingwerk op 11 205MW en beplande instandhoudingswerk op 6 077MW.

Opwekkingseenhede by die Kriel-, Medupi-, Majuba- en Tutuka-kragsentrale sal na verwagting vanoggend aanlyn gebring word, sê Eskom. Dit gaan kapasiteit ʼn verdere hupstoot gee en help om beurtkrag te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stofbakkies ·

Is die beurkrag regtig afgestel vir vandag weens genoeg elektrisiteit reserwes of gaan dit nou maar weer oor die SOPAS môre plaasvind, die ou politieke magspeletjie? Ek neem aan Woensdag sal dit maar weer begin.

Wondermaarnet ·

Whoop whoop en wat van môre en oormôre en die volgende 2 jaar? Eskom, hou op heuning om die mense wat wel betaal se mond smeer dat daar vir 1 dag geen beurtkrag gaan wees nie. Ons soek ‘n langtermyn oplossing. Gaan kyk eerder na julle personeel wat met siekverlof is en dan nie by hul huis is nie en rondloop en partytjies hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.