Geen beurtkrag op Valentynsdag

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Verliefdes kan maar die opsitkers wegsit, want geen beurtkrag sal na verwagting Vrydag ingestel word nie. Dit is die derde agtereenvolgende dag wat Suid-Afrikaners ʼn blaaskans van beurtkrag kry.

Eskom het vanoggend in ’n verklaring gesê hoewel die stelsel oor die afgelope paar dae verbetering getoon het, moes die kragvoorsiener van sy noodreserwes deur die loop van laasnag gebruik weens onbeplande kragonderbrekings.

Onbeplande onderbrekings het vanoggend omstreeks 06:00 op 9 835 MW gestaan met beplande instandhoudingswerk op 7 000 MW.

“Die stelsel bly egter kwesbaar en beurtkrag kan enige tyd op kort kennisgewing ingestel word sou daar enige verandering wees,” sê Eskom.

Verbruikers word gemaan om steeds elektrisiteit spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarah ·

whahahahaha is dit nou n voorbehoedmiddel om te keer dat hospitale November moet regstaan………..

marius ·

Natuurlik nie , want die oog en piramiede heersers moet geld maak …..

Scalla ·

Marius, dink net daaraan, jy betaal R1000 om dstv te kyk maar eskom bepaal wanneer jy mag kyk!!!

Nie Verbaas ·

Ag dankie, ek is in ekstase! Is ons nou veronderstel om op en af te spring van blydskap? Haai oeeee! Na staatsrede is slegter tye op pad.

Scalla ·

Hoekom het loadshedding nie plaasgevind tydens die staatsrede nie, dit sou beter wees om in die donker te staar as na die sirkus op die tv.

Stof ·

Dit, nadat al die duifies spesiaal allerlei mooi kersies (met.sout op) ten duuste gaan koop het.
Eish!

Nie Verbaas ·

Whahahaha, en toe is daar load shedding!! Welgedaan Eskom vir nog lee beloftes!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.