Eskom het gesê na verwagting sal geen beurtkrag Sondag ingestel word nie.
Die kragstelsel bly egter onder druk, het die kragvoorsiener gesê. “Eskom doen alles in sy vermoë om beurtkrag te beperk, maar dit kan op kort kennisgewing ingestel word as daar ʼn beduidende verandering plaasvind in die werkverrigting van aanlegte en indien daar ʼn onbeplande tegniese fout voorkom.”
Alhoewel sommige eenhede weer tot die netwerk toegevoeg is, moes daar Saterdag van nood- diesel- en waterreserwes gebruik gemaak word om kapasiteit te verhoog.
Eskom hoop om sy dieselreserwes te hervul vir sy oop-siklus gasturbines en om watervlakke by sy bergingskemas te verhoog om die moontlikheid van beurtkrag in die komende week te beperk.
“Planne vorder goed om die voerband te herstel by Medupi-kragstasie om volle operasie te bereik en eenhede, wat tegniese probleme ondervind het, so vinnig as moontlik te herstel. Aangesien ons in sommige dele van die land ʼn hittegolf beleef het, versoek ons verbruikers om lugversorgers op 23°C te hou.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Nou moet ons seker dankbaar wees dat Eksdom so vrygewig is vandag.
Hule beter dit aanhou. groot rugby vandag. Go bokke wys eskom.
Ja want julle dink julle doen ons n guns doen julle werk dit is waar voor ons belasting betalers julle betaal
Hul word mos maandeliks betaal om hul werk te doen, dus mos normaal en nie n prestasie nie.
My lug versorger is gemaklik op 25 grade maar as hulle wil he hy moet op 23 wees, maak ek so.