Geen beurtkrag Sondag nie, sê Eskom

Argieffoto

Eskom het gesê na verwagting sal geen beurtkrag Sondag ingestel word nie.

Die kragstelsel bly egter onder druk, het die kragvoorsiener gesê. “Eskom doen alles in sy vermoë om beurtkrag te beperk, maar dit kan op kort kennisgewing ingestel word as daar ʼn beduidende verandering plaasvind in die werkverrigting van aanlegte en indien daar ʼn onbeplande tegniese fout voorkom.”

Alhoewel sommige eenhede weer tot die netwerk toegevoeg is, moes daar Saterdag van nood- diesel- en waterreserwes gebruik gemaak word om kapasiteit te verhoog.

Eskom hoop om sy dieselreserwes te hervul vir sy oop-siklus gasturbines en om watervlakke by sy bergingskemas te verhoog om die moontlikheid van beurtkrag in die komende week te beperk.

“Planne vorder goed om die voerband te herstel by Medupi-kragstasie om volle operasie te bereik en eenhede, wat tegniese probleme ondervind het, so vinnig as moontlik te herstel. Aangesien ons in sommige dele van die land ʼn hittegolf beleef het, versoek ons verbruikers om lugversorgers op 23°C te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

HPV ·

Nou moet ons seker dankbaar wees dat Eksdom so vrygewig is vandag.

John ·

Nou hoe kry hulle dit reg om so te voorspel… die toutjies te trek? Die volgende 13 dae is Eskom die baas van rugby… onthou dit tog… eintlik totdat ons weer bewend op ons knieè smeek om genade en betaal vir al die planne ook die mega-duur atoomkragplannetjie vir klein atoomkragstasietjies wat ons tydens die Z&G-era afgestem het, maar nou weer stilletjies op die plankaart geskryf staan onder CR se naampie.

Sarie ·

Die grootbaas wil vandag rugby kyk so more is beurtkrag weer terug.

Honey Bee ·

Hule beter dit aanhou. groot rugby vandag. Go bokke wys eskom.

Pieter ·

Ja want julle dink julle doen ons n guns doen julle werk dit is waar voor ons belasting betalers julle betaal

SjN ·

Hul word mos maandeliks betaal om hul werk te doen, dus mos normaal en nie n prestasie nie.

James ·

My lug versorger is gemaklik op 25 grade maar as hulle wil he hy moet op 23 wees, maak ek so.

K P ·

Nou waar ewe skielik genoeg krag vandaan. Hulle is al vir jare besig met ekonomiese terrorisme

Ongelukkig. ·

Ek dink nie daar is een wat weet wat by Eskom aangaan nie.

Gatvol ·

Ja ons het nie beurtkrag gehad nie. Net sonder krag gesit van 7 tot 7. Moet nou juus vdag herstelwerk doen. Dit kan nie op n Saterdag gedoen word nie. Ons pocket mos dubbel oortyd op n Sondag. Of is dit trippel oortyd?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.