Geen beurtkrag Sondag verwag, maar …

Argieffoto

Geen beurtkrag word vir Sondag verwag nie hoewel dit op kort kennisgewing ingestel kan word, sou daar enige groot veranderinge aan die kragstelsel plaasvind.

Eskom sê in ’n verklaring die opwekkingstelsel toon goeie vordering danksy ’n eenheid wat weer in werking getree het. Nog twee eenhede sal na verwagting later vandag in werking tree en die kragvoorsiener beskik tans oor voldoende noodreserwes.

Luidens die verklaring bly die kragstelsel wel beperk en onder druk en beurtkrag kan op kort kennisgewing ingestel word, indien nodig.

Onbeplande kragonderbrekings het omstreeks 04:40 op 10 962 MW gestaan met geskeduleerde instandhoudingswerk op 5 937 MW.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Scalla

Indien werk die afgelope 25 jaar reg gedoen was, is die maar woord nie nodig in berig.