Geen beurtkrag sal meer Sondag ingestel word nie nadat Eskom se noodreserwes oornag voldoende herstel het.
Die kragvoorsiener het vroegoggend in ’n verklaring gesê die kragnetwerk is egter steeds onder geweldige druk en verbruikers word gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
“Ons het tans 8 229 MW op roetine-instandhouding en 10 661 MW van kapasiteit weens onbeplande instandhouding. Eskom se spanne werk onverpoos om soveel moontlik van die kragopwekkingseenhede weer aan die gang te kry.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Gebrek aan onderhoud veroorsaak kragonderbrekings en beurtkrag. Dis tyd dat ons ‘n tweede, private elektrisiteitsvoorsiener kry.
Ons elektrisiteit, op Durban Suidstrand, was af gisteroggend 06:00 tot 12:30, sonder enige verduideliking.
Dankie Eskom, maar julle weet ons betaal vir die diens ne! Begin af sit by Soweto en die townships dit sal klaar baie krag spaar regtig hoor gggmmmfff dat ons moet vir julle moet sê darem
Kan nie verstaan hoekom mense teen nou al nie voorsiening gemaak het vir beurtkrag nie, dis mos darem nou al jare…..en sal so bly….!!!
Dit affekteer nie my huishouding nie.