Geen beurtkrag vandag toegepas

Argieffoto

Kragverbruikers hoef nie vandag hul beurtkragskedules dop te hou om die Sondagmiddagete gaar te kry nie, want daar gaan vir die eerste keer hierdie week geen beurtkrag wees nie.

Eskom het dié goeie nuus Saterdagaand in ʼn verklaring bevestig. Nadat fase 2‑beurtkrag die grootste deel van die dag en daarna fase 1 tot 23:00 gisteraand toegepas is, is beurtkrag daarna heeltemal gestaak. Volgens Eskom is die kragnetwerk egter steeds onder druk en indien daar veranderinge in die stelsel is, sal verbruikers ingelig word.

“Ons bedank alle Suid-Afrikaners vir hul geduld en samewerking deur hierdie moeilike tydperk,” lui die verklaring.

Die kragvoorsiener het egter nie ʼn woord gerep oor die vooruitsig vir die week en of die toepassing van beurtkrag dalk weer hervat sal word nie.

Suid-Afrika het die afgelope sewe dae onder beurtkrag gebuk gegaan waarvan die meeste fase 4‑beurtkrag was. Dit is grootliks toegeskryf aan ʼn gebrek aan kragopwekkingskapasiteit weens Eskom se verouderende infrastruktuur, maar ook probleme met dieselvoorsiening, swak gehalte van steenkool by steenkoolkragstasies en ʼn gebrek aan voorsiening van die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema weens skade wat deur sikloon Idai aangerig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Suid Afrika het verander in ‘n land waar mense en instansies opgehemel word as hulle net hulle werk doen. Waar dit voorblad nuus word as mense of instansies net hulle werk doen. Hierdie behoort nie ‘n artikel te wees nie? Wat nog te sê “Goeie Nuus”!! Dis asof Eskom besluit het om Suid Afrika te “vergoed” vir hulle geduld, met ‘n dag sonder beurtkrag. Twak man…. Dis Eskom se werk om elektrisiteit op te wek, dis elke staatsamptenaar se werk om diens te lewer, dis elke polisieman se plig om mense te beskerm en misdaad te bekamp, dis elke onderwyser se plig om kinders op te voed. Hoekom verwag mense en instansies nou dat ons moet hande klap, en dankbaar wees, as hulle net hulle werk doen? Dis pateties om die minste te sê. Lofprysing en applous en bonusse is eintlik net vir bogemiddelde prestasie………..maar in SA doen ons dit as iemand NET sy werk doen…vir ‘n slag. Hoekom?

sweis ·

Kom Maandag dan is dit weer fase 4 maar as hulle dink en gaan bly wees oor vandag en dankie sê maak hulle n fout want ek betaal vir krag wat ek net kry as dit die klomp by Letuli huis pas.

Fanie ·

-Ou infrasrukuur kan vir ewig hou as mens dit onderhou.
-Het ons nie ons eie diesel rafinaderye nie?
-Nou wie se skuld is die swak gupta seenkool? Kwaliteits beheer is ‘n onbekende woord.

fred ·

Fanie..in die Zonda kommissie het Eskom amptenare getuig dat hulle die slegte kwaliteit gedurende sampling opgetel het maar dat die vorige ceo Koko dit geïgnoreer het want dit was Gupta se steenkool….personeel het hulle werk gedoen maar hulle bevindinge was tersyde gestel of hulle self was na ander departemente geskuif…..die ganse Eskom top was gekaap

George in Bloem ·

So what? Moet almal nou op hulle kniee gaan en dankie se omdat Eskom vir ‘n slag hulle werk reg doen en hulle verantwoordelikheid nakom vir ‘n dag of twee? Rerig?Dit gaan in elkgeval nie lank hou nie dan’s dinge weer terug “normaal” toe. Patetiese spul narre.

John ·

Eskom ons grootse baas; oor die inkomstediens en alle pensioenfondse en die IMF en BRICS en die Reserwebank en jou en bankrekeninge… want dit is die pad wat die chaosskepper wil volg… uiteindelik ‘lenings’ uit ons spaargeld… maar voort storm wil die ‘bees’ tot oor die afgrond…

BlinkStephaans ·

Het hulle nou die buitegeboutjie daar vêr in die hoek van die perseel agter die hoop ou yster se sleutel gekry. Dis blykbaar in dié geboutjie waar die skakelaar sit wat die sabotasie ouens gebruik om alles deurmekaar te krap. Almal het nog altyd gedink dis ñ buitetoilet wat in onbruik is. Eish!

Gert van Wierdapark ·

Die manne in beheer van die besluite wie en waar en deur wie, vat natuurlik vandag af vir hul harde werk die afgelope tyd! Hul kragte is seker erg getap deur besluite, besluite, besluite!!! = emosioneel getap oor die groot/negatiewe invloed wat die beurtkrag op ons en die ekonomie gehad het! Moontlike bonusse vir hul harde kragtelose werk is seker nie uitgesluit nie?

Hendrik UAE ·

Sopbeen jy is so reg!Doen jou werk en jy is n hero. Bedank die hele SA behalwe Soweto want hulle kry nie beurtkrag nie net permanente krag, Tap sommer direk by hoof kraglyne.

JP ·

Wat die kragonderbreker eintlik wil sê is dat hy nog nie die rooster vir volgende week ontvang het nie

Johan ·

Weet nie van beurt krag nie, want in Witbank is jy gelukkig om krag te hè sonder beurt krag, sonder krag van laasnag 3 uur tot vanoggend 10 uur en van die tyd tot 11.20 al 2 keer weer af en aan, so gaan dit week in en uit

ne ·

Wonder of hulle die ekonomie wil help – met al die elektriese toerusting wat ingee. Dan koop ons mos maar nuwes wat weer die ekonomie help groei. Slim anc

JB ·

Hulle praat nonsens. Daar was geen krag by Vaaleden vanoggend nie

JB ·

Hulle praat nonsens. Daar was geen krag by Vaal Eden vanoggend nie

James ·

Dankie Eskom vir julle harde werk en ons gespaar is vandag.

bolla ·

Nie sleg vir ‘n instansie wat elektrisiteitsvoorsiening aan die bevolking vanaf 50% in 1994 tot 92% in 2016 opgestoot het nie. Dis amper dubbeld sedert apartheid.

Ben ·

Odendaalsrus is af van1300 en okki water nie. Stilte voor die storm ?

Ai ·

Agv die stres op die stelsel(wat nie onderhou was), was krag in dele v Pretoria af van 21:00 Saterdag-aand, tot 15:45 Sondag-middag.
Ek hoop ons kry kans om batterye te charge en kos te laat vries voor ons weer moet af wees.

GM ·

Ja Bolla, en hoeveel van daardie persentasie BETAAL vir hul krag?
Almal wat so aangaan oor apartheid die hele tyd, moet maar ophou om als te gebruik wat voor 1994 tot stand gebring is. Gooi daai selfone en televisies weg. Wie soek nou krag en lopende water, of ordentlike klere. Gaan hardloop rond met spiese en velletjies wat die nodige toehou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.