Eskom het Sondag gesê hulle voorsien nie die nodigheid om vandag beurtkrag in werking te stel nie.
Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het gesê elektrisiteitsverbruik op Sondae is gewoonlik min. Hy het bygevoeg dat Eskom die kragnetwerk fyn dophou, aangesien swaar reënval oor dele van die land voorspel word, wat kan veroorsaak dat hul steenkoolvoorraad weer te nat word. “Die kragnetwerk is steeds onder groot druk. Die moontlikheid dat beurtkrag dus in die komende week weer ingestel kan word, kan dus nie uitgesluit word nie,” het hy gesê. Verbruikers word versoek om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.
Intussen het die Suid-Afrikaanse weerdiens gewaarsku dat swaar reënval en vloede Sondag oor gedeeltes van die land verwag kan word. Lees meer hier.