Geen beurtkrag vandeesweek nie, sê Eskom

Foto: GCIS

Foto: GCIS

Eskom het Maandag gesê daar word nie beurtkrag vir die week beplan nie.

“Die kragnetwerk sal steeds onder druk wees maar in die stadium word daar nie beurtkrag beplan nie,” het Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, gesê. “Ons begin die week in ʼn goeie posisie aangesien ons daarin kon slaag om ons noordreserwes oor die naweek aan te vul.”

Eskom het verbruikers versoek om steeds elektrisiteit spaarsamig te gebruik. Die kragvoorsiener het ʼn beroep gedoen op verbruikers om hul geisers, lugversorgers, swembadpompe en ander nie-noodsaaklike toestelle deur die dag af te skakel ten einde die druk op die stelsel te verminder en beurtkrag te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marthie ·

Eskom het skedule uit maar hou nie daar by nie. Net sekere mense kry beurt krag nie almal nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.