Geen beurtkrag verwag nie

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Maandag gesê die risiko vir beurtkrag is tans laag, aangesien talle bedrywe nog gesluit is vir die vakansie.

“Die kragstelsel sal hierdie week en vir die res van die feesseisoen na verwagting onder druk, maar stabiel bly,” het ʼn woordvoerder van Eskom in ʼn verklaring gesê. “Die stelsel bly egter kwesbaar, wat beteken dat ʼn ekstra lading of foute op die stelsel moontlik tot beurtkrag kan lei.”

Eskom het gesê hy sal hierdie tydperk gebruik om die agterstand op sy aanleginstandhouding te verminder en maan Suid-Afrikaners om elektrisiteit steeds spaarsamig te gebruik.

Eskom sukkel al die afgelope paar weke om die ligte aan te hou en ondervind instandhoudingsprobleme. Fase 3-beurtkrag is op 5 Desember ingestel. Tshediso Matona, uitvoerende hoof van Eskom, het op 8 Desember ontken dat Eskom ʼn krisis beleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA CONTINO ·

Eskom moet krag by Ekurhuleni kry. 30% van hulle straatligte brand 24 uur per dag en as jy hulle werkers wat met straatligte werk daarop wys, is hulle reaksie: Dis nie ons problem nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.